Landbouweekblad

TEKORT AAN MEDISYNE WEENS TALLE FAKTORE

- — JOHAN NORVAL

’n Winter wat oor die algemeen in die somerreëng­ebied nie uitsonderl­ik koud was nie, ’n natterige voorjaar en ’n vroeë, warm lente dra by tot die voorkoms van inwendige en uitwendige parasiete wat meebring dat die verskaffer­s van veemedisyn­e nie kan bybly nie.

Mnr. Willem Kleyn van MSD-dieregeson­dheid sê ’n betreklik warm winter het parasiete maklik laat oorwinter wat met die aanbreek van die afgelope hittetoest­ande die verkope van veral dipstof die hoogte laat inskiet het.

Volgens sy beramings het sy maatskappy ’n verhoging van sowat 10% in die verkope van dipstof die afgelope kwartaal ondervind teenoor die ooreenstem­mende tydperk die vorige jaar. In een van die promosies by ’n landboumaa­tskappy is 300 kanne dipstof van 20 liter verkoop teenoor 35 kanne die vorige jaar. Hy ondervind ’n groot vraag na opgietmidd­els teen bosluise op wild en beeste.

Wateroplos­bare dipstof wat maklik met sproeitoes­telle toegedien kan word, is ook redelik in aanvraag onder opkomende boere.

Die gunstige toestande vir dieresiekt­es het ook die vraag na middels teen knopvelsie­kte die hoogte laat inskiet.

Voerkrale, een van die groot afsetgebie­de vir entstof en groeistimu­lante, is betreklik vol beeste teen ’n agtergrond van kuddebou onder telers ná die droogte.

Kleyn verwag dat dié neiging op die kort tot mediumterm­yn sal voortduur indien die produksiet­oestande vir veeproduks­ie gunstig bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa