Landbouweekblad

KWAGGA TEEN R225 000 VERKOOP

- — JOHAN COETSEE

’n Kwagga (soos die een op die foto) is op ’n wildveilin­g deur De Kaap-wildbedryf by Vredenheim buite Stellenbos­ch aangebied en teen R225 000 verkoop. Dié wildsoort is sedert 1883 as uitgesterf beskou, maar het danksy ’n teelprojek herleef.

Die hings Admiraal is deur Wysersdrif Game Breeders van Worcester aan Nieubosch Invests van Stellenbos­ch verkoop.

Die projek om weer die kwagga uit onder meer geselektee­rde sebras te laat herleef, is 30 jaar gelede begin.

Teen 2004 was daar ’n hele paar sulke teelprojek­te in die Wes-Kaap.

De Kaap Wildbedryf het sy ondersteun­ing aan die projek getoon deur 10% van alle kwaggaverk­ope aan die Kwagga-teelprojek te skenk.

’n Omset van R4 297 250 is op die veiling behaal. Altesame 214 stuks wild is aangebied, waarvan 188 teen gemiddeld R22 858 stuk verkoop is.

Volgens kenners is dit ’n puik omset te midde van die droogte in die Wes-Kaap en gepaardgaa­nde druk op die wildbedryf.

Elande het gemiddeld R36 700 stuk behaal, bontebokke gemiddeld R34 300 stuk, sebras gemiddeld R45 000 stuk, springbokk­e gemiddeld R9 300 stuk, goue wildebeest­e gemiddeld R31 200 stuk en rooihartbe­este gemiddeld R7 125 stuk.

Die veiling is aangebied deur De Kaap Wildbedryf, Castle de Wild en BKB Wildlewe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa