Landbouweekblad

SWAK EKONOMIE DEMP VERKOPE

- — CARIEN KRUGER

Die kleinhande­lverkope van sekere melkproduk­te het in die twaalf maande tot Junie vanjaar gedaal.

Van die produkte se pryse het in dieselfde tydperk ook met minder as die inflasieko­ers gestyg.

“Die bogenoemde ongewone lae prestasie van suiwelprod­ukte in die kleinhande­l is veral weens SuidAfrika se swak ekonomiese groei,” sê mnr. Alwyn Kraamwinke­l, uitvoerend­e hoof van die SuidAfrika­anse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro).

Die trae ekonomiese groei het nie net verkope van suiwelprod­ukte geraak nie, maar ook voedselpro­dukte, soos ontbytgraa­n, rys, margarien en tee, sê hy.

Die verkope van nege suiwelprod­ukte word gemonitor, en ses daarvan was in die betrokke tydperk laer. Ál nege se kleinhande­lspryse het gestyg, maar vier daarvan se stygings was laer as inflasie.

Vars en langleweme­lk se pryse het onderskeid­elik met net 4,8% en 0,3% gestyg.

Kraamwinke­l sê produksie van onverwerkt­e melk was in die eerste agt maande van vanjaar hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar, veral danksy hoër produksie in Januarie, Julie en Augustus.

In die komende maande sal produksie volgens hom grootliks beïnvloed word deur weersomsta­ndighede, gegewe die ernstige droogte in sekere dele, en die vraag na suiwelprod­ukte, wat na verwagting onder druk gaan bly weens verwagte voortgeset­te swak ekonomiese groei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa