Landbouweekblad

POSDUIWE KRY HUPSTOOT

- — JOHAN NORVAL

’n Toekenning van R250 000 deur die Nasionale Lotery aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduiforg­anisasie (Sanpo) stel dié organisasi­e in staat om die duiwesport deur die land te bevorder. Mnr. Johan Pretorius, sekretaris van Sanpo, sê die organisasi­e het ook vanjaar begroot om duiweboere op ’n mededingen­de vlak vir die wedvlugbed­ryf te werf deur hulle geldelik by te staan.

Sanpo sal na verwagting volgende Maart op sy volgende raadsverga­dering en jaarvergad­ering in Bloemfonte­in projekte en veldtogte goedkeur.

Volgens Pretorius word die wedvlugpro­gramme van die meeste organisasi­es deur die land nou afgehandel. Een van die laaste wedvlugte wat die Pretoriase groep aanbied, is oor sowat 1 000 km vanaf Leeu-Gamka. Benewens lang afstande, word wedvlugte ook oor kort en medium-afstande afgelê. Die wedvlugpro­gram begin in die laaste naweek van Mei en duur 17 tot 20 weke aaneenlope­nd, meestal oor naweke, tot middel Oktober.

Volgens Pretorius is Sanpo se ledetal betreklik konstant met tot 4 500 lede.

Van die provinsial­e organisasi­es sukkel egter met lede wat weens kostedruk nie mededingen­d aan die wedvlugdui­fsport kan deelneem nie. Prysstygin­gs ten opsigte van brandstof, duiwekos en medisyne kan ’n teler met sowat 100 wedvlugdui­we maklik tot R40 000 per jaar uit die sak jaag om op ’n mededingen­de vlak deel te neem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa