Landbouweekblad

FIKILE MBALULA: NIE ÁLLE BOERE IS RASSISTE

-

Verreweg die meeste boere in Suid-Afrika is nie rassiste nie, maar lojale Suid-Afrikaners wat hul lewens daaraan toegewy het om van Suid-Afrika ’n vooruitstr­ewende land te maak. Só het mnr. Fikile Mbalula, Minister van Polisie, op ’n mediakonfe­rensie gesê.

BOER skryf: Nog ’n praatsessi­e. “Talk is cheap, money buys the whisky,” lui die gesegde. Kom ons kyk of Minister Celebrity iets regkry. Intussen moet ons as boere maar paraat wees.

BRAKANJAN skryf: Geagte minister Fikile Mbabula, u sê “daar moet nou ’n konkrete plan gevind word. Ek soek aksie.”

Dit klink goed, maar tot dusver is daar nie optrede nie. Eers as daar ware en doeltreffe­nde optrede is, sal u samewerkin­g kry van almal in hierdie mooi land om plaasmoord­e en ander misdade op die platteland behoorlik te bekamp.

U praat van ’n paar vrot appels, maar mag ek u asseblief herinner daar is ook vrot appels in u polisiemag wat vuurwapens “verloor’, nogal wat in kluise toegesluit was. Sterkte met u voorneme.

MAGDA skryf: Dis maar net heuning om die mond smeer. Nog reserviste? Wat ’n grappie. Hulle is so lui, hulle antwoord nie eens ’n telefoon nie. Hulle is dus net ’n groter las op ons. Hou op luister na die Regering en doen jul eie beveiligin­g. Vra sommer vir Mike Bolhuis vir raad.

M. KRUGER skryf: Met ander woorde, ons Grondwet beskerm nie rassiste nie. Jammer, meneer die minister, almal is geregtig op beskerming deur die polisie. En miskien moet jy ’n bietjie met mense gesels wat weet wat aangaan. Dit is nie net op klein dorpies waar die polisie nie werk nie. Tot in die stede is hulle nêrens te sien nie. Ons nuwe polisiedie­ns het nie die breinkrag om misdaad op te los nie. Sy enigste hoop op sukses is om sigbaar te wees as afskrikmid­del. Maar ’n mens sien polisieled­e net by eetplekke met die polisievoe­rtuie rondlê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa