Landbouweekblad

BETER WATERBESTU­UR KAN EKONOMIE STIMULEER

Tensy Afrika in die volgende dekade daadwerkli­k sy waterhulpb­ronne doeltreffe­nd begin bestuur, gaan die vasteland nie die negatiewe uitwerking van klimaatsve­randering die hoof kan bied nie, waarsku die Wêreldnatu­urfonds. JOYLENE VAN WYK berig.

-

In die meeste Afrika-lande is ekonomiese groei afhanklik van die landbou-, mynbou- en vervaardig­ingsektor. Dié neiging sal waarskynli­k vir die volgende dekade so bly. Volhoubare watertoevo­er is noodsaakli­k om groei in hierdie sektore te stimuleer.

Dit word ook benodig vir die opwekking van krag en vir die kweek van gewasse wat die ontwikkeli­ng van die vasteland se dorpe sal ondersteun. Daar is reeds aanwysings dat die bevolking oor die volgende 35 jaar drievoudig gaan toeneem.

Groot dele van die vasteland is onderworpe aan seisoenale hidrologie­se en ongelyke geografies­e verspreidi­ng van waterhulpb­ronne. Met klimaatsve­randering wat die situasie gaan vererger en ’n voorspelde bevolkings­ontploffin­g, is daar nie meer tyd vir ’n wag-en-kyk-benadering nie.

Die bierbrouer­reus Anheuser-Busch InBev en die Wêreldnatu­urfonds (WWF) het ’n verslag, Afrika se waterskeid­ingsoombli­k, laat doen. Dit kyk hoe ingegryp kan word om die reeds sigbare waterkrisi­s te versag.

Mnr. Fred Kumah, die WWF se direkteur vir Afrika, dui tereg aan dat die vraag nie is waarheen Afrika op pad is nie, maar of die vasteland daar gaan uitkom deur ’n volhoubare en omvattende ontwikkeli­ngspad te volg.

“Die antwoord sal grootliks afhang van hoe Afrika sy varswaterh­ulpbronne bestuur. Skoon en volhoubare watertoevo­er is noodsaakli­k vir alles van die toename in landboupro­duksie tot die suksesvoll­e diversifik­asie van lande se ekonomieë.”

VERHOOGDE KOSPRODUKS­IE

Sedert die middel sestigs het landboupro­duksie in Afrika teen ’n baie laer koers as die bevolkings­groei toegeneem. Hierdie neiging tesame met verhoogde stedelike inkomste sal na verwagting die vraag na grane teen 2050 drievoudig laat toeneem. Dit is ver bo die huidige koers waarteen grane gelewer word.

Die Internasio­nale Navorsings­instituut vir Voedselbel­eid (IFPRI) skat dat die totale invoer van grane na Afrika waarskynli­k sal toeneem van die huidige vraag van 20% tot sowat 50% gedurende hierdie tydperk. Soos dit nou lyk, is dit nie Afrika wat die res van die wêreld gaan voed nie, maar dat hy bakhand voor die res van die wêreld sal staan vir kos.

Die IFPRI dui aan dat graanopbre­ngste van die huidige 20% van sy potensiaal tot 80% moet toeneem net om die huidige vlakke van selfonderh­oudendheid te volhou.

Om dit te kan vermag, sal Afrika belegging en produktiwi­teit in die landbou moet verhoog deur genoeg grane te verbou om sy bevolking in die toekoms te voed, lui die verslag.

Die vasteland het 60% van die wêreld se bewerkbare grond en boonop ’n baie jeugdige bevolking om die voedselvoo­rsiener van die wêreld te word.

BELÊ IN BESPROEIIN­G

Die groei van landbougeb­aseerde ekonomieë is hoogs afhanklik van water vir besproeiin­g. Die meeste werk op die vasteland is landbouver­want. Dit is die grootste bron van landelike werkskeppi­ng en die lewensbest­aan van 600 miljoen landelike inwoners van Afrika suid van die Sahara, asook ’n sesde van sy bruto binnelands­e produk.

Terwyl die landbou reeds 85% van die totale water op die vasteland gebruik, is 95% van die landbou in Afrika suid van die Sahara afhanklik van reën en dus kwesbaar vir seisoenale en jaarlikse reënvalvar­iasies. Boonop is afhanklikh­eid van die landbou selfs nog meer prominent in van die minder ontwikkeld­e en kwesbare state.

Dit is bekend dat driekwart van die wêreld se armste bevolkings in Afrika suid van die Sahara is. Belegging in besproeiin­g is dus ’n baie rasionele keuse vir Afrika-lande wat beperkte finansiële hulpbronne het. Dit is al bewys dat waar hierdie tipe belegging reg toegepas en aan institusio­nele en bestuurska­pasiteit gekoppel is, die impak op die verligting van armoede tot vier keer groter is.

Verhoogde besproeiin­g beteken egter ook dat meer vars water vir landboudoe­leindes onttrek moet word. Dit is dus belangrik dat die uitbreidin­g van besproeiin­g as deel van die hele waterbestu­urstelsel gehanteer moet word.

 ??  ?? Die groei van landbougeb­aseerde ekonomieë is afhanklik van water vir besproeiin­g.
Die groei van landbougeb­aseerde ekonomieë is afhanklik van water vir besproeiin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa