Landbouweekblad

BOERDERY MET ’N STAMBOOM

-

Nes die Bonsmarast­oetery wat mnr. Jan Boshoff bedryf, het die boerdery ’n stamboom soos min. Jan se pa, Chris, was een van die eerste lede en daarna direkteur in die destydse Oos-Transvaals­e Koöperasie (OTK).

Jan het ook later self op die direksie van OTK gedien totdat die besigheid as die maatskappy OTK op die Johannesbu­rgse Effektebeu­rs genoteer is. Tussendeur was hy eers betrokke by die plaaslike boereveren­iging, daarna die Transvaals­e distriksla­ndbou-unie en daarna in die algemene raad van die destydse SuidAfrika­anse Landbou-unie (SALU).

Hy was ook die stigtersvo­orsitter van die Droëbonepr­odusente-organisasi­e (DPO). Dit was die kundigheid en kennis van ervare personeel by OTK se landbouont­wikkelings­afdeling by wie Jan sy landbouken­nis uitgebrei het.

“Saam met die destydse Departemen­t van Landbou het dié afdeling ’n voorligtin­gsdiens beskikbaar gestel en kursusse by die departemen­t aangebied. Dié voorligtin­gsdiens is saamgestel deur gerekende name in die landbou, onder wie mnre. Francois Strydom, hoofbestuu­rder van Senwes, Gideon Anderson, voorsitter van die DPO, en Hendrik van Pletzen, tegniese bestuurder by Voermol.”

Sy deelname aan die georganise­erde landbou daarna was ’n manier om sy mede-landbouers in dieselfde hoedanighe­id te ondersteun.

Vir die georganise­erde landbou het Jan net lof. “Ek dink nie mense besef dat die boere wat in diens staan van die georganise­erde landbou met groot opoffering ook in húl diens staan nie. Boere wat nie aan die georganise­erde landbou deelneem nie, kan hul kop in skaamte laat sak, want hulle kry al die voordeel verniet.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa