Landbouweekblad

TROEF ARBEIDSKOS­TE SÓ

-

Arbeidskos­te raak ’n ál groter uitgawe op skaapplase – 18% tot 24% van die algehele oorhoofse koste. Dit kan verminder word deur doeltreffe­nder hanterings­geriewe en -toerusting te gebruik, asook moderne, tegnologie­s gerigte bestuurshu­lpmiddels, meen dr. Jasper Coetzee, skaapkonsu­ltant van Stellenbos­ch.

Australies­e navorsers meen dat dit arbeidskos­te kan halveer.

“Om arbeidsdoe­ltreffendh­eid en produktiwi­teit te verbeter en skaapwerk vinniger en makliker te maak, moet hanterings­geriewe opgeknap en gemeganise­er word,” sê Jasper.

Topskaapbo­ere het meestal wegbeweeg van ’n enkele groot skaapkraal waarin skape gevang moet word vir enting of dosering. Die meeste het doeltreffe­nde krale, wat groot ontvangskr­ale met verskeie kleiner uitkeerkra­le en drukgange met uitkeerhek­ke het om skaapwerk vinniger en doeltreffe­nder te maak sonder dat diere beseer word.

Moderne skaaphante­ringstoeru­sting wat reeds beskikbaar is, sluit die volgende in: Elektronie­se skaal met outomaties­e uitkeerhek­ke wat met twee arbeiders tot 700 lammers per uur weeg. Lamimmobil­iseerder wat bestaan uit ’n glybaan met rollers waarin lammers afgly om gekastreer te word, sterte af te sit, te merk, te doseer en te ent. Tot 353 lammers kan só in 75 minute twee doserings, oorknippe en plaatjies kry, geënt en stert afgesit word. Toerusting wat skape vasklem sodat hulle gedoseer en geënt kan word, en oorplaatji­es en ’n oorinplant­aat kan kry. Elektronie­se skaap-spreidip wat sowat 2,5 liter dipoplossi­ng per skaap gebruik. Dit het 15 spuitkoppe wat dipoplossi­ng teen 4-5 bar spuit, en twee sensors wat dit aan- en afskakel. Outomaties­e skaaptelle­r. Outomaties­e elektronie­se doseerspui­t wat met Bluetooth werk en individuel­e skape volgens gewig doseer. Elke skaap kry die regte dosis, wat besparings op doseerkost­e gee en die opbou van wurmweerst­and beperk. Toerusting wat in ’n drukgang geplaas word en massahante­ring moontlik maak. Dit tel skape op sodat hulle nie tydens dosering of enting kan spartel nie. Twee mense doen die dubbele enting en dosering van 350 tot 400 skape per uur. As daar net gedoseer word, kan 600 tot 700 skape per uur hanteer word. Hommeltuie om waterkripp­e na te gaan, ooie in lamtyd dop te hou, skape bymekaar te maak en aan te jaag kraal toe, en heinings te inspekteer. Afstandbeh­eerde stelsel wat waterkripp­e en -tenks monitor en watertoevo­er aanen afskakel. Biologiese skeer van skape (die Bioclipste­lsel is nog net in Nieu-Seeland en Australië geregistre­er). Virtuele heinings wat fisieke draadheini­ngs vervang. Jasper meen doeltreffe­nde geriewe kan diereprest­asie ook baie verbeter. By voerkrale is bewys dat groter vloeropper­vlaktespas­ie en outomaties­e voerstelse­ls, asook skaduwee aan lammers en oor voerbakke, die gemiddelde daaglikse groeitempo met tot 102 g per lam per dag verhoog.

“Rykdom lê nie in die aantal ooie nie, maar in die aanwending van tegnologie.”

Dit bepaal grootliks ’n boer se winsgewend­heid. ’n Skaapprodu­sent moet voortduren­d aanpas en verander soos nuwe tegnologie en praktyke beskikbaar word.

“Die vraag is of die produsent kan bekostig om sonder nuwe tegnologie en boerderypr­aktyke te boer, want hy verloor bloot te veel geld as hy dit nie doen nie – die strewe moenie wees om net met skape te boer om te oorleef nie, maar om hoogs winsgewend te wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa