Landbouweekblad

BOSCHENDAL GETUIG VAN DESTYDS SE GLORIEDAE

Een van Suid-Afrika se oudste wynplase is kundig opgeknap om ’n blik op ’n vergange era te bied. Die huis én werf is ook tot nasionale gedenkwaar­digheid verklaar.

-

Geleë tussen Stellenbos­ch en Franschhoe­k, aan die voet van die Simonsberg, is ’n besoek aan Boschendal soos om terug te stap in die verlede.

Die huidige werf en herehuis is ’n getroue weergawe van hoe dit in 1812 gelyk het – ’n era van groot welvaart vir daardie jare se wynboere.

Vandag stap gaste die herehuis deur die agterdeur binne – nadat hulle eers ’n draai gemaak het op die antieke werf, met sy kelder, melkery, slawekwart­ier, koetshuis en hoenderhok­ke.

“Bossendal” is in 1685 aan die Hugenoot Jean Le Long toegeken en is in 1715 aan Abraham de Villiers verkoop. Die De Villiers-familie was 164 jaar lank – tot 1879 – die eienaars van dié vrugbare plaas. ’N GOEIE BESTAAN

Paul de Villiers het in 1812 die statige herehuis op Boschendal gebou, op die plek waar sy pa se huis gestaan het. Hierdie huis dra bewyse van ’n uiters voorspoedi­ge era, met ’n sierlike gewel waarop die jaartal en Paul en sy vrou se voorletter­s (Anna Susanna Louw) aangebring is.

Geelhout is kwistig gebruik vir die plafon en vloere. Geel- en kiaathout is vir die binnedeure gebruik. Die H-vormige huis is vandag nog ’n goeie voorbeeld van ’n klassieke Kaapse huis in die negentiend­e eeu.

Die argitek Gawie Fagan het die huis van 1973 tot 1976 kundig gerestoure­er, waarna die werf en herehuis tot nasionale monument verklaar is.

Die huis is volgens die ou jare se inventaris gemeubilee­r en wys hoe welgesteld­e grondbesit­ters daardie jare geleef het.

Gwen Fagan, ’n kenner op die gebied van Kaapse tuine, het ’n roostuin, met kosbare outydse rose, aan die oostekant van die plaaswerf uitgelê. WYN MAAK PLEK VIR VRUGTE Boschendal moes deur die jare ook baie krisisse die hoof bied, onder meer die Phylloxera-epidemie (mikroskopi­ese klein, sapsuiende insekkies) wat Kaapse wingerde in die 1880’s aangeval en die plaas se wingerde min of meer in 1890 vernietig het.

In daardie tyd het die mynmagnaat Cecil John Rhodes, wat deur die buitelande­r Harry Pickstone omgepraat is, 20 plase in die Stellenbos­ch-, Wellington­en Paarl-omgewing gekoop.

Boschendal was een van die plase waarop Rhodes ’n florerende vrugtebedr­yf tot stand gebring het. Dit was ’n inspuiting vir die ekonomie, het werk geskep en

Dié huis dra bewyse van ’n uiters voorspoedi­ge era.

terselfder­tyd die omgewing en sy mense opgehef.

Net ’n dag voor sy dood het Rhodes die Rhodes Fruit Farms gestig, met die samewerkin­g van die mynreus De Beers.

Onder De Beers se bestuur het die vrugteboer­dery en -uitvoer gegroei. Daar is selfs ’n treinstasi­e en spoorlyn aangelê en konfytfabr­ieke en ’n werkersdor­pie, Lanquedoc, is opgerig.

VERSKEIE EIENAARS

Later het ’n groepie sakemanne die plaas gekoop en in 1969 aan Anglo American verkoop. Anglo het weer op wynbou begin klem lê, ’n nuwe kelder gebou en wyn onder die Boschendal-naam begin bemark. In 2013 het die plaas weer van hande verwissel – dié keer met Rob en Sam Lundie aan die stuur.

Boschendal het deur die jare ’n gewilde toeristebe­stemming geraak en bied onder meer restaurant­e, piekniekma­ndjies wat bestel kan word, agri-toerisme, oornagverb­lyf en ’n wynwinkel aan besoekers.

Sarie Marais-Nell besoek Suid-Afrikaanse plase op soek na skatte van weleer wat soms vergeet word, maar steeds ’n groot rol speel in die plaas se funksioner­ing.

 ?? FOTO: WWW.BOSCHENDAL.COM ?? Boschendal se opstal dateer uit die vroeë 1800’s. Die spoggerige gewel is een teken van die welvarendh­eid van die De Villiers-familie, wat destyds die plaas besit het.
FOTO: WWW.BOSCHENDAL.COM Boschendal se opstal dateer uit die vroeë 1800’s. Die spoggerige gewel is een teken van die welvarendh­eid van die De Villiers-familie, wat destyds die plaas besit het.
 ??  ?? Die vuurherd in die ou kombuis. Dit word nie meer gebruik nie, maar gee ’n goeie idee van hoe mense in 1812 aan die Kaap geleef het.
Die vuurherd in die ou kombuis. Dit word nie meer gebruik nie, maar gee ’n goeie idee van hoe mense in 1812 aan die Kaap geleef het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa