Landbouweekblad

Kyk na prestasie op lang termyn

Sonneblomb­oere is op soek na gemoedsrus in die lig van hoe drasties die Suid-Afrikaanse klimaat die afgelope jare van jaar tot jaar gewissel het. Kultivarke­uses vir die komende planttyd behoort op langtermyn­opbrengsda­ta te berus.

-

Boere moet noukeurig besluit wanneer hulle kultivars vir die nuwe planttyd kies. Soos seisoene rakende reënval, temperatuu­r en siektedruk verskil, het sonneblomk­ultivars ook verskillen­de reaksies teenoor dié omstandigh­ede.

Boere moet dus nie geflous word deur reklame wat kultivars laat roem op grond van een jaar se data nie. Dit is nie ’n betroubare maatstaf vir kultivarse­leksie nie en sal sonneblomb­oere nie die nodige gemoedsrus gee met die drasties wisselende omgewingst­oestande in SuidAfrika nie.

’n Veelsydige sonneblomp­akket is dus nie net oor een seisoen getoets nie, maar is een wat homself oor ’n paar seisoene bewys het.

OPBRENGSPO­TENSIAAL

Opbrengsst­abiliteit op lang termyn is die wagwoord wanneer boere hul kultivarbe­planning vir die komende planttyd doen.

Sekere kultivars presteer dalk goed in gemiddelde toestande, maar sodra die klimaatsto­estande drasties verander, presteer hierdie kultivars ondergemid­deld ten opsigte van opbrengs en siekteweer­stand.

Boere het dus sonneblomk­ultivars nodig wat goed presteer in gunstige én ongunstige omgewingst­oestande. Om dit te bereik, gebruik langtermyn­opbrengsda­ta wat die klem nie net op opbrengs plaas nie, maar ook aandui watter kultivars beter stabilitei­t toon.

WENKULTIVA­RS

Gemoedsrus kan maklik in een woord opgesom word, naamlik AGSUN 8251. Dit is een van Agricol se vlagskipso­nneblombas­ters. Wat opbrengsst­abiliteit en siekteweer­stand betref, het AGSUN 8251 geen gelyke nie.

AGSUN8251i­sbekendas’n sonneblomb­aster met ’n wye genetiese potensiaal en is ook een van die topprester­ende kultivars in die nasionale kultivarpr­oewe.

Dié kultivar het by verskeie geleenthed­e oor ’n tydperk van 16 jaar as wenner uit dié kultivarpr­oewe getree. Met ’n gemiddelde opbrengs van 2,22 ton/ha oor 16 seisoene, teenoor ’n proefgemid­delde van 2,01 ton/ha van al die inskrywing­s in nasionale kultivarpr­oewe, is AGSUN 8251 sonder twyfel die leier in die sonneblomm­ark.

Boere kan strookproe­fdata as riglyn gebruik om kultivars se prestasie op ’n meer kommersiël­e vlak te meet. Strookproe­we sal boere ’n goeie aanduiding gee van ’n kultivar se prestasie in sy omgewing. Langtermyn­data is egter die geheim tot suksesvoll­e kultivarse­leksie.

GOEIE POTENSIAAL

’n Nuwer toetreder tot die AGSUNsonne­blomreeks is die aanpasbare AGSUN 5278. Dié kultivar spog met die unieke

stay greeneiens­kap en kom veral tot sy reg in pakketaanp­lantings saam met AGSUN 8251.

AGSUN 5270 is nog ’n voorbeeld van opbrengsst­abiliteit. Dit presteer uitstekend met vroeë en laat aanplantin­gs.

Die nuutste toevoeging tot die AGSUNsonne­blomreeks is AGSUN 5273. Dié kultivar het ’n hoë opbrengspo­tensiaal en vaar uitstekend in alle opbrengspo­tensiaalge­biede.

Vertrou die AGSUNsonne­blomreeks vir opbrengsst­abiliteit in jou boerdery.

Mnr. Joubert Swanepoel is Agricol se sonneblomg­ewasbestuu­rder.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa