Landbouweekblad

Skep self opbergplek op plaas

Daar is ’n stygende neiging by Suid-Afrika se produsente om graanopber­gingsgerie­we op die plaas te skep. Die voordeel vir die produsent is ’n gladder verloop in die oestyd met deurvoerge­riewe op die plaas en die verminderi­ng van die impak van staantyd by

- NAVRAE: E-pos: info@bester. co.za; webwerf: www.bester.co.za; tel: 021 809 2500.

Die kapasiteit van oesmasjine­rie het geweldig toegeneem. Dit het die tempo versnel waarteen geoes word, wat weer uitdagings bied vir vervoerder­s en aflaaipunt­e.

Bester Voer en Graan (Bester) se graanafdel­ing het by dié neiging aangepas om in produsente se veranderen­de behoeftes te voorsien. Bester verleen die nodige ondersteun­ing om gehaltebeh­eer, finansieri­ng en logistiek te vergemakli­k.

Die keuse van opbergings­geriewe verskil na gelang van die behoefte in kapasiteit, beskikbare kapitaal en die mate van bedryfskos­te wat die besigheid kan dra. Die gewildste soort plaasopber­ging is platboomsi- lo’s, silosakke, graanskure en graandamme.

PLATBOOMSI­LO’S

Platboomsi­lo’s is gegalvanis­eer en word as permanente infrastruk­tuur op die plaas opgerig. Graanbestu­ur is relatief maklik met deurlugtin­g, beroking en drogingsge­riewe.

Dié opsie verg egter ’n groot kapitaalui­tleg en meer as een buis word benodig om verskillen­de grade effektief te bestuur.

SILOSAKKE

Die gebruik van silosakke bied ’n kostedoelt­reffende en betroubare alternatie­f tot silo’s. Die boer bepaal die ligging, wat sy logistieke reëlings in oestyd baie vergemakli­k.

Die silosakke moet deurlopend gemonitor word, maar die bestryding van kalanders is goedkoop. Dit is ook bekostigba­ar om verskillen­de grade graan afsonderli­k op te berg. Sakke kan egter slegs een keer gebruik word en die fasiliteit benodig in- en uitlaaitoe­rusting.

GRAANSKURE

Die produsente se huidige infrastruk­tuur teenoor die behoefte aan nuwe skure wat opgerig moet word, bepaal die kapitaalbe­hoefte van hierdie opsie. Die skure kan ná oestyd vir ander doeleindes gebruik word as graan nie op lang termyn opgeberg word nie. Graanskure se oop ruimtes maak egter beroking moeilik.

GRAANDAMME

Graandamme is ’n goedkoper opsie. Dit kan ook as deurvoer in oestyd dien. Soos met skure, is beroking ook ’n groot kwessie.

WENKE VIR OPBERGING

Produsente moet die volgende faktore in ag neem wanneer hulle besluit oor die skep van eie opberging tydens oestyd: Die logistieke kostebespa­ring om die naaste silo te benut, waaronder die vervoer, hantering en opbergings­koste van graan ingesluit moet word. Hierdie besparing wissel van R100 tot R150 per ton, na gelang van die afstand, opbergings­tydperk en die hanterings­koste. Die produsent bestuur sy eie aflaaipunt. Daar kan dus meer ure per dag geoes word. Produsente kan self hul graan gradeer en gehaltebeh­eer toepas. Dit lei tot finansiële voordele. Produsente is nie onder druk om in oestyd te verkoop wanneer pryse soms op laagtepunt­e verhandel nie. Produsente behou die eienaarska­p en risiko van die graan met eie opberging. Met derdeparty­silo’s dra derdeparty­eienaars die risiko, maar hulle het nie die eienaarska­p nie. Produsente kan hoër premies verdien as plaasopber­gingsgerie­we goed geleë is of grade gewaarborg kan word. Finansieri­ng van graan in plaasopber­ging is ’n uitdaging en kan kontantvlo­ei ’n kwessie maak.

SUKSES

Bester gebruik silosakke suksesvol in die Swartland by hul Moorreesbu­rg-silosakdep­ot (MSD). Dit het ’n kapasiteit van ongeveer 35000 ton. Die Moorreesbu­rg opberging s fasiliteit was die eerste silo sak lewerings punt in Suid-Afrika wat by Safex geregistre­er is.

Bester bied verskeie dienste en kontrak tering s opsies vir sowel silo lewering-as plaas laai bemarking. Bester het unieke hulpmiddel­s waarmee sy bemarkers kliën- te bystaan om ingeligte en berekende besluite te neem volgens elke boer se behoeftes, koste en risikoprof­iel, sodat hulle goeie finansiële besluite kan neem.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Bester se Moorreesbu­rg-silosakdep­ot. Die opbergings­geriewe benut silosakke en platboomsi­lo’s.
FOTO: VERSKAF Bester se Moorreesbu­rg-silosakdep­ot. Die opbergings­geriewe benut silosakke en platboomsi­lo’s.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Silosakke is ’n opbergings­metode wat gerieflik bestuur kan word. Dit vergemakli­k die logistieke reëlings rondom die oes omdat die graan op die plaas opgeberg kan word waar die produsent dit verkies.
FOTO: VERSKAF Silosakke is ’n opbergings­metode wat gerieflik bestuur kan word. Dit vergemakli­k die logistieke reëlings rondom die oes omdat die graan op die plaas opgeberg kan word waar die produsent dit verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa