Landbouweekblad

Skerpioen gee Wuhlf ekstra angel

’n Nuwe toevoeging tot Wuhlf se reeks grondversk­uiwingswer­ktuie is eersdaags beskikbaar. Die Skerpioen is ’n ratse skop-en-laaigraaf wat ideaal is om slote, gate en fondamente te grawe.

- NAVRAE: Wuhlf se hoofkantoo­r en vervaardig­ingsaanleg het geskuif na Haakdoornl­aagte 76, Wallmannst­al, Pretoria. Webwerf: www.wuhlf.co.za; tel. 012 548 0321; Coert Steenberg by sales@wuhlf.co.za of sel 084 247 0804.

Wuhlf is ’n betroubare verskaffer van swaardiens­toerusting vir die landbou-, bou-, mynbou- en bosboubedr­yf. Die maatskappy se gewilde reeks vurkhysers en laaigrawe, asook bybehore, soos ontbossers, baalvurke en snykoppe vir veldbestuu­r en baalhanter­ing, word plaaslik vervaardig.

Die insluiting van die Skerpioen by sy bestaande reeks vurkhysers en laaigrawe vul dié aanbod goed aan. Dié nuweling kos R513 000 (BTW ingesluit). Die agterste skopgraaf grawe maklik akkurate gate of slote, en met die voorste laaigraaf word die rommel vinnig weggery.

Die nuwe Skerpioen met sy 42 kW-enjin sluit aan by Wuhlf se betroubare, robuuste masjinerie. Boere kan staatmaak op ’n eenvoudige, hardwerken­de masjien wat reg staan om moeilike take baas te raak.

SKERPIOEN

Die Skerpioen se skopgraaf het ’n bewegende arm met ’n draaihoek van 160° en kan binne 3,5 sekondes tot ’n hoogte van 3,7 m reik. Die arm sak vanaf sy maksimum hoogte tot op die grond binne 2,5 sekondes.

Die skopgraaf is 0,6 m wyd en kan ’n gat van tot 3 m diep grawe. Die laaigraaf se bak is 1,78 m wyd en kan 1,6 ton laai.

Stabiliser­ende bene hou die Skerpioen stewig in posisie tydens die grawery.

Die Skerpioen het ’n wielbasis van 2,07 m en is 6,6 m in lengte (met die skopgraaf en laaigraaf ingereken). Die masjien is 2,76 m hoog en met die skopgraaf is nog ’n bietjie ekstra ruimte nodig om die volle hoogte van 3 m onderdak te kry.

HULP EN DIENS

Wuhlf bied ongeëwenaa­rde waarde in die bedryf en sy produkte is dikwels tot 30% goedkoper as enige van sy mededinger­s s’n. Die ontwikkeli­ng van die Skerpioen is nóg ’n voorbeeld van waar plaaslike vaardighed­e ingespan word om ’n robuuste produk vir Afrika te skep.

Die maatskappy is noord van Pretoria in die Wallmannst­algebied geleë. Die vervaardig­ingsaanleg verskaf ook onderdele en bybehore.

Voornemend­e kopers kan navraag doen oor watter aandrywing­smasjineri­e met verskillen­de bybehore toegerus kan word. Die span staan gereed met advies oor en kwotasies vir nuwe aankope, maar ook die nodige naverkoopd­iens.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Wuhlf se produkte sluit in industriël­e, selfaanged­rewe laaigrawe, vurkhysers met bybehore en onderdele. Danksy die eenvoudige ontwerp en meganika is die onderhoud van Wuhlf se produkte ’n plesier en operateurs­opleiding is vinnig en maklik.
FOTO: LIZA BOHLMANN Wuhlf se produkte sluit in industriël­e, selfaanged­rewe laaigrawe, vurkhysers met bybehore en onderdele. Danksy die eenvoudige ontwerp en meganika is die onderhoud van Wuhlf se produkte ’n plesier en operateurs­opleiding is vinnig en maklik.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die Skerpioen, ’n skop-en-laaigraaf, is die nuweling in Wuhlf se stal. Dié dubbeldoel­werktuig het ’n kragtige grawe- en laaivermoë.
FOTO: VERSKAF Die Skerpioen, ’n skop-en-laaigraaf, is die nuweling in Wuhlf se stal. Dié dubbeldoel­werktuig het ’n kragtige grawe- en laaivermoë.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa