Landbouweekblad

Dis nóú tyd vir ploeg en plant!

Met die nuwe planttyd wat vir die binneland voorlê en ’n goeie oes agter die rug, is dit die ideale tyd om in nuwe werktuie te belê. Radium Engineerin­g het verskeie opsies vir grondbewer­king.

- NAVRAE: Webwerf: www.radium. co.za; tel. 012 719 9062/3.

Met sy verspreidi­ngsnetwerk in Suid-Afrika en buurlande is Radium in die ideale posisie om toerusting en werktuie vir Afrika se moeilike landboutoe­stande te bou.

Strooier-, grondbewer­kingsen klipverwyd­eringstoer­usting, asook swaailemsn­yers, voermenger­s en padskraper­s is deel van die reeks produkte.

POWERRIP

Die PowerRip-reeks is ’n praktiese en veelsydige oplossing vir konvension­ele grondbewer­kingstake. Die jongste weergawe van die PowerRip het die opsie om ’n dubbele stel rollers te gebruik. Verskillen­de modelgroot­tes is beskikbaar, wat vanaf vyf tande tot ’n wye skeurtandp­loeg met 15 tande kan wissel.

Die materiaal vloei maklik danksy die PowerRip se unieke tanduitleg. Dit verminder die aanpak van materiaal in die tanduitleg en verminder slytasie op die onderdele. Dié werktuie het ’n maksimum werksdiept­e van 550 mm en ’n maksimum werkspoed van 7,5 km/h.

TWEETANDSK­EURPLOEG

Radium Engineerin­g het die behoefte aan diep grondbewer­kingstoepa­ssings in spoorverke­er in Suid-Afrika raakgesien. Die tweetandsk­eurploeg is ná vele proefnemin­gs en toetslopie­s gebou en die gevolg is ’n ideale wortelsone van tot 1 000 mm diep, sonder syverdigti­ng.

Die ideale kombinasie en grootte van ’n skaar is bepaal om die trekvereis­tes te verminder. Radium se nuwe ontwerp gebruik 40% minder energie.

Radium se tweetandsk­eurploeg skakel die aanpak van grond rondom en onder die skare uit sodat water en wortels die grond dieper kan indring vir verbeterde en bestendige­r groei.

STROOIERRE­EKS

Radium het strooierwa­ens van verskillen­de groottes beskikbaar. Met hul verbeterde ontwerp kan dié strooiers kunsmis, kalk en droë mis vinniger en akkurater as voorheen strooi.

Die groottes van die reeks strooiers is uitgebrei en aangepas vir toepassing in boorde en wingerde, maar ook vir grootskaal­se bemestings­toepassing­s vir saaiboere. Isobus-gereedheid skakel ook in by moderne tegnologie vir presisiebo­erdery.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Vir dié sesry-tweetandsk­eurploeg van Radium Engineerin­g is grondverdi­gting geen probleem nie. Doeltreffe­nde ontwerp verhoog werkverrig­ting en vereis minder trekkrag.
FOTO: VERSKAF Vir dié sesry-tweetandsk­eurploeg van Radium Engineerin­g is grondverdi­gting geen probleem nie. Doeltreffe­nde ontwerp verhoog werkverrig­ting en vereis minder trekkrag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa