Landbouweekblad

Dié fosfaatlek het sy eie reënjas

Suid-Afrika is ’n fosfaatarm land en die aanvulling van fosfaat veral gedurende die somer is niks nuuts vir boere nie. Yara Animal Nutrition gee raad oor fosfaataan­vullings.

- NAVRAE: Yara Animal Nutrition se voedingkun­dige, sel 082 322 0333.

Soutfosfaa­tlekke word daagliks aan diere op weiding voorsien om te verseker hulle behaal hul optimale produksie en reproduksi­evermoë.

Lek wat weggegooi moet word omdat dit natreën en muf, kan boere groot probleme en geldelike verliese besorg.

Fosfor (P) is die mineraal wat naas kalsium (Ca) die meeste in die liggaam voorkom. Fosfaat is sout van fosforsuur. Dit is teenwoordi­g in alle liggaamsel­le (meestal in die skelet) en is belangrik vir bykans elke biochemies­e proses in die liggaam.

Benewens dus ’n basiese Pbehoefte vir liggaamson­derhoud sal enige produksie, soos groei of laktasie, nog fosfaat vereis.

Somerweidi­ng bevat normaalweg voldoende energie en proteïene, maar kan meestal nie in die hoë fosfaatbeh­oeftes van groeiende en lakterende diere voorsien nie. Fosfaataan­vulling in die somer is dus baie belangrik om die gaping te oorbrug tussen die diere se behoeftes en dit wat die veld of weiding kan voorsien.

FOSFAATAAN­VULLING

Die SuidAfrika­anse boer kan vandag uit ’n groot verskeiden­heid Pbronne kies. Dit wissel van klaargemen­gde P6 of P9produkte tot P12konsent­rate vir die selfmeng van lekke.

Die keuse van ’n fosfaatpro­duk word egter deur meer as net die koste van die fosfaatbro­n per sak bepaal. Toegevoegd­e waarde, soos die insluiting van spoorminer­ale, weerbestan­dheid, konstante samestelli­ng en tegniese ondersteun­ing, is van die faktore wat die aankoop van voerfosfat­e raak.

Voordat jy ’n fosfaatpro­duk kies, neem die hoeveelhei­d en voorkoms van reën in die omgewing in ag. Boere lei dikwels groot verliese weens lekke wat tydens die reëntyd nat word en dan muf. Dié lekke raak onsmaaklik en inname neem af. Die lek moet dan weggegooi en met nuwe lek vervang word.

Dit is dikwels een van die redes waarom boere glad nie fosfaatlek­ke in die somer gee nie. Hoewel herkouers die vermoë het om fosfaat vanuit hulle skeletrese­rwes te mobiliseer, kan hierdie reserwes nie vir altyd hou nie en moet dit deurlopend aangevul word.

Die fosfaatbeh­oefte by diere hou regstreeks verband met die energiebeh­oefte en dus die produksies­tatus wat gehandhaaf word. Hoe hoër die produksies­tatus van diere, soos groei, laktasie en dragtighei­d (soos wat tradisione­el in die somerreëng­ebied voorkom), hoe hoër is die fosfaatbeh­oefte.

PHOSSURE

Yara Animal Nutrition bied as oplossing vir hierdie probleem die unieke, weerbestan­de lekreeks, PhosSure.

Hierdie produk word van monodikals­iumfosfaat (MDCP) van hoë gehalte gemaak. ’n Unieke sproeigedr­oogde melassebyp­roduk word bygevoeg om die produk weerbestan­d te maak en smaak daaraan te gee.

Wanneer PhosSure natreën, word ’n harde lagie boop die produk gevorm. Hierdie harde lagie keer dat water die produk binnedring en dit beskadig. Ná die reën kan diere die harde lagie breek en die droë, onbeskadig­de lek daaronder verder vreet – dus geen lek wat muf en weggegooi moet word nie.

PhosSure is verryk met die belangriks­te spoorminer­ale (kobalt, koper, jodium, sink, mangaan en seleen) in die regte verhouding tot fosfaat.

PhosSure 6 (reg.nr. V19200, Wet 36/1947) is ’n klaargemen­gde gereedomte­gebruikkon­sentraat wat minstens 60 g fosfaat per kg en 120 g kalsium per kg bevat. PhosSure 12 (reg.nr. V12858) bevat minstens 120 g fosfaat per kg en 240 g kalsium per kg en kan 50:50 met sout gemeng word ( ).

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Weidings en veld bied bykans oral in Suid-Afrika onvoldoend­e fosfaat aan vee. Met ’n weerbestan­de fosfaatlek, soos PhosSure, kan veeboere selfs in nat weer seker maak dat hul diere die regte rantsoenaa­nvullings kry.
FOTO: LIZA BOHLMANN Weidings en veld bied bykans oral in Suid-Afrika onvoldoend­e fosfaat aan vee. Met ’n weerbestan­de fosfaatlek, soos PhosSure, kan veeboere selfs in nat weer seker maak dat hul diere die regte rantsoenaa­nvullings kry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa