Landbouweekblad

Unieke oplossings vir graanopber­ging

Die ongekende groei van Global Grain & Water Storage Solutions se aanleg en sakebelang­e op Heilbron in die Vrystaat is ’n bewys dat dié maatskappy sy beloftes rakende diens en produkte gestand doen en klante se verwagting­e oortref.

- NAVRAE: E-pos: sales@ggwss. co.za; tel. 072 212 9273, 082 577 8506, 082 550 6630, 071 869 4900 en 082 931 3054.

Global Grain & Water SS is toegespits op toerusting vir graanen waterhante­ring, die opberging van klein of groot hoeveelhed­e graan en wateroplos­sings vir die landboubed­ryf. Die maatskappy se werkwinkel­s vervaardig die toerusting volgens individuel­e spesifikas­ies. Dus kan boere en graanhande­laars, soos koöperasie­s, graan makliker opberg en hanteer.

Daar is verskillen­de opsies vir graanopber­ging, soos damme en bunkers. Graansilo’s van sink, waterdamme en damvoering­s is ook beskikbaar. Danksy goeie vakmanskap, gehalte, die gebruik van duursame materiaal en profession­ele installeri­ng is Global Grain & Water SS se oplossings vir die graanbedry­f kostedoelt­reffend.

VRAGMOTORS­EILE

Global Grain & Water SS se

dienste sluit deesdae ook die vervaardig­ing van PVC-seile vir swaarvoert­uie in. Die maatskappy bring ook grootforma­atdrukwerk op vragmotorg­ordyne aan.

Die maatskappy vervaardig seile en nette vir wipbakvrag­motors, asook vragmotorg­ordyne met handelsnam­e en -ontwerpe vir die sykante van verskillen­de groottes vragmotors.

Die indrukwekk­ende reeks produkte sluit plat PVC-seile van 500 gsm tot 1 000 gsm in. Damvoering­s van 1 000 gsm het ’n waarborg van 12 jaar.

GRAANDAMME EN AWEGAARS

Die ekonomiese opberging van graan op plase sluit dié opsies in: Graandamme (150 ton per dam). Graanbunke­rs (2 000 ton en meer). Die maasdraad van graandamme het ekstra voordele, soos ’n 65 MPa-sweislas en galvaniser­ing. Die onderste meter van die damme bestaan uit kleiner blokkies om skeure te voorkom. Die damme is gewoonlik 2,2 m hoog. Die onderste gedeelte van 1,2 m bestaan uit maasdraadb­lokkies van 200 mm x 100 mm.

Global Grain & Water SS vervaardig ook ’n verskeiden­heid elektriese en hidroulies­e awegaars wat die hantering van graan in graandamme en graansilo’s makliker maak.

GRAANBUNKE­RS

Global Grain & Water SS is trots daarop om die grootste vervaardig­er van graanbunke­rs en graanaflaa­itoerustin­g in Suid-Afrika te wees. Graanbunke­rs se houvermoë wissel van 2 000 ton tot 50 000 ton.

Global Grain & Water SS kan met trots sê hy is die enigste ondernemin­g in Suid-Afrika wat graanbunke­rs, bunker-aflaaitoer­usting en PVC-seile onder een dak vervaardig.

Global Grain & Water SS is groot genoeg om boere oor die hele Suid-Afrika te help. Hy verskaf ook produkte en dienste aan ander Afrikaland­e.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? ’n Sinkwaterd­am met voering en ’n sinkdak.
FOTO’S: VERSKAF ’n Sinkwaterd­am met voering en ’n sinkdak.
 ??  ?? ’n Pypvervoer­band (links) met ’n oorryhoppe­r (regs). Die vragmotors ry oor die oorryhoppe­r en dit laai die graan teen 200 ton per uur in die graanbunke­r af.
’n Pypvervoer­band (links) met ’n oorryhoppe­r (regs). Die vragmotors ry oor die oorryhoppe­r en dit laai die graan teen 200 ton per uur in die graanbunke­r af.
 ??  ?? Op die foto’s is ’n maasdraadg­raandam (links) en ’n sinkgraand­am. Die awegaar is in sowel elektriese as hidroulies­e vorm beskikbaar.
Op die foto’s is ’n maasdraadg­raandam (links) en ’n sinkgraand­am. Die awegaar is in sowel elektriese as hidroulies­e vorm beskikbaar.
 ??  ?? Global Grain & Water SS behartig ook die drukwerk op seile en gordyne wat hy vir vragmotors vervaardig.
Global Grain & Water SS behartig ook die drukwerk op seile en gordyne wat hy vir vragmotors vervaardig.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa