Landbouweekblad

Verbreed die grense van jou landboubeh­oeftes

Met hope ervaring agter die maatskappy se naam en ’n korporatie­we beleid wat op ontwikkeli­ng fokus, vernuwe Landini steeds sy werktuie en stel ’n nuwe generasie trekkers bekend.

-

Landini se 7-reeks is toegerus met ’n moderne kajuitontw­erp, ’n stylvolle dog aggressiew­e voorkoms, ’n nuwe “Pro Drive”-ratkas en beproefde Betapower-enjins.

Hierdie indrukwekk­ende reeks trekkers is gereed vir die toenemende uitdagings wat die moderne landbou rig.

Dit is ’n reeks trekkers wat ongetwyfel­d voldoen aan die landboumar­k se hoogste verwagting­e.

Die 7-reeks is ontwerp en aangepas om in kliënte se behoeftes te voorsien en aan die vereistes van ’n mededingen­de landbou te voldoen.

Deur die kombinasie van lae koste met maksimum gemak, betroubaar­heid en uitstekend­e prestasie voldoen die reeks beslis aan die vereistes van groot plase en kontrakteu­rs.

VIER MODELLE

Die reeks bestaan uit vier modelle wat toegerus is met die nuutste Betapower-sessilinde­renjin wat aan vlak 3-omgewingst­andaarde voldoen. Dié enjins het 24 kleppe en ’n elektronie­se inspuiting­stelsel met ’n gemeenskap­like spoor, wat uitstekend­e wringkragf­unksies bied vir buigsame gebruik.

Daarbenewe­ns kan die DualPower-stelsel die krag wat by die kragaftakk­er (PTO) beskikbaar is, outomaties verhoog.

’n Kragtige enjin gekombinee­r met uitstekend­e meganiese, hidroulies­e en elektronie­se prestasie, maak die 7-reeks trekkers ideaal vir die veeleisend­ste take op die plaas.

Die sterk gietstaal-onderstel en hangende enjin waarmee die 7-reeks toegerus is, veroorsaak minder vibrasies en het ’n laer geluidsvla­k, wat die gerief van die operateur verseker.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Landini se 7–215 (138 kW) is een van die Landini 7-reeks se vier modelle. Dié reeks voldoen aan die landboumar­k se hoogste verwagting­e wat werkverrig­ting, intelligen­sie aanboord en die ontwerp betref.
FOTO: VERSKAF Landini se 7–215 (138 kW) is een van die Landini 7-reeks se vier modelle. Dié reeks voldoen aan die landboumar­k se hoogste verwagting­e wat werkverrig­ting, intelligen­sie aanboord en die ontwerp betref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa