Landbouweekblad

Maak só die beste van spuitbeleg­ging

Villa Crop Protection het onlangs ’n nuwe produk bekend gestel wat die doeltreffe­ndheid van plaagdoder­s verhoog. Interlock is ’n neerslaghu­lpmiddel wat bedekking en blaredakin­dringing verbeter, terwyl dit wegdrywing en verdamping verminder.

- REGISTRASI­EHOUER: Winfield Solutions Registrati­on Holdings (Pty) Ltd. Registrasi­enommer van maatskappy: 2015/312008/07.

Die wegdrywing van fyner druppels tydens die toediening van plaagdoder­s is een van die grootste bydraende faktore tot verminderd­e doeltreffe­nheid. Dié wegdrywing hou verskeie nadele in, onder meer: Verlaagde bedekking van onkruide en gewasse. Verminderd­e druppelbin­ne dringing laer af in die gewas. Verhoogde verdamping van fyn druppels. Wegdrywing en moontlike onkruiddod­erskade op gewasse buite die teikengebi­ed. Dit het ’n regstreeks­e gevolg op produksiek­oste en oesopbreng­s, naamlik deur: Die verlies aan plaagdoder binne die gewasteike­ngebied en moontlike gewasskade buite die teikengebi­ed. Meer mededingin­g van onkruide en die swakker bestryding van insekte en swamme. Veelvuldig­e plaagdoder­toediening­s, met al die gepaardgaa­nde koste.

INTERLOCK

Interlock (reg.nr. L10254, Wet 36 van 1947) is ’n unieke, nuwegeslag byvoegmidd­el wat hierdie probleme doeltreffe­nd aanspreek en gevolglik oesopbreng­s verbeter.

Interlock is splinternu­we tegnologie op SuidAfrika­anse rakke en bied verskeie voordele aan boere. Dit vervang geen ander produk in die tenk nie. Die middel is maklik om te gebruik en die dosisse is klein.

Die produk verdik nie die spuitoplos­sing nie en veroorsaak nie probleme met mengbaarhe­id nie. Dit is ook nie nodig om spuitpunte se spuitpatro­ne te verander nie, want Interlock kan saam met enige spuitpunte ge bruik word, selfs luginlaatp­unte.

Dit skuif nie die druppelspe­ktrum na ultragroot druppels wat kan afloop of afwip nie, maar vergroot eerder fyn druppels wat geneig is om weg te dryf.

Interlock verbeter plaagbestr­yding deur die spuitdrupp­elbedekkin­g te verhoog.

Die produk verminder ook die hoeveelhei­d fyn druppels in die spuitnewel. Dit lei dus tot verminderd­e wegdrywing en verdamping.

VILLA CROP PROTECTION

Villa Crop Protection wil in boere se behoeftes voorsien met gehaltepro­dukte en datagedrew­e insigte om hul struikelbl­okke te help takel, veral die beskerming van hul gewasse.

Aan die hand van relevante data kan die regte produk of bespuiting­sprogram op die regte tyd met die regte toerusting gebruik en sukses behaal word.

 ??  ?? Op die foto’s word aangedui hoe ’n druppel met en sonder Interlock van ’n blaar afwip. Op die eerste foto is dit slegs water, op die tweede foto is dit water saam met Interlock, en op die derde foto word water, Interlock en ’n nie-ioniese benatter gebruik. Op die derde foto is dit duidelik hoe die vloeistof op die blaar bly en nie afwip soos op die eerste foto nie.
Op die foto’s word aangedui hoe ’n druppel met en sonder Interlock van ’n blaar afwip. Op die eerste foto is dit slegs water, op die tweede foto is dit water saam met Interlock, en op die derde foto word water, Interlock en ’n nie-ioniese benatter gebruik. Op die derde foto is dit duidelik hoe die vloeistof op die blaar bly en nie afwip soos op die eerste foto nie.
 ??  ?? Bedekking op verskillen­de hoogtes binne die gewas. Figuur 1 dui die bedekking van ’n nie-ioniese benatter aan en figuur 2 dui die bedekking van ’n nie-ioniese benatter sowel as Interlock aan.
Bedekking op verskillen­de hoogtes binne die gewas. Figuur 1 dui die bedekking van ’n nie-ioniese benatter aan en figuur 2 dui die bedekking van ’n nie-ioniese benatter sowel as Interlock aan.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Interlock, ’n byvoegmidd­el van Villa Crop Protection, help boere om plae doeltreffe­nder te bestry.
FOTO’S: VERSKAF Interlock, ’n byvoegmidd­el van Villa Crop Protection, help boere om plae doeltreffe­nder te bestry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa