Landbouweekblad

Wiele met woema ideaal vir alle vroue

Vroue is belangrik wanneer dit kom by verbruiker­skoopneigi­ngs in die voertuigbe­dryf. Daarom is dit opwindend wanneer hedendaags­e vroue agter die stuurwiel van ’n bakkie inskuif.

- NAVRAE: www.ford.co.za

As ’n vrou kry me. Fayma Govender van Randburg dikwels vreemde kyke van ander mense op die pad wanneer hulle haar agter die wiel van ’n 4x2-Ford Ranger 3.2 XLT sien. Maar dit skeel haar min.

“Dié voertuig se voordele is eindeloos en ek sal beslis die Ford Ranger aanbeveel by vriendinne en familie,” sê sy.

Die besluit om die voertuig te koop was gegrond op ’n behoefte aan groter gerief en spasie, sê Fayma.

“Ons gesin het die spasie in ons vorige voertuig ontgroei en langafstan­dritte vir vakansies het ongeriefli­k geword. Ons het ’n voertuig benodig wat gerieflik, veelsydig en sonder beperkings was wat ruimte betref. Ons het ook ’n voertuig gesoek wat aan die regte veiligheid­svereistes voldoen. Vandaar ons Ford Ranger-aankoop.”

Die Ranger is die eerste bakkie wat Govender besit, en sy sê dit voel soms of sy daarmee om die wêreld kan reis.

“Ons besoek dikwels familie in Durban en die rit daarheen is nou so gerieflik. Hierdie voertuig bied soveel om van te hou – van die gerief tot die tegnologie, en natuurlik die werklike rit.”

VEELSYDIG

Soos Fayma, sal me. Corliza Cowley, ’n vennoot in en oogkundige by Moffatt Optical Zululand in Richardsba­ai, ook ’n Ford Ranger aanbeveel aan ander vroue wat op soek is na ’n nuwe voertuig.

“Voordat ek my verloofde ontmoet het, het ek nog nooit ’n bakkie bestuur nie, maar hy het twee kinders en ons het ’n buitelugle­efstyl. Dinge moes dus verander,” sê sy.

As ’n paartjie met ’n voorliefde vir fietsry of om met hul kajak te vaar, het hulle besluit om ’n Ford Ranger te koop.

“Ons hou ook van kampeer en ry Harley Davidson-motorfiets­e, wat ons nou op ’n sleepwa na verskillen­de bestemming­s kan sleep. Die Ford Ranger is ’n allesdoene­r – ’n voertuig wat basies alles in relatiewe gerief kan doen, met al die moderne voordele. Dit bestuur soos ’n kar en ek geniet die veelsydigh­eid. Jy kan by die Sani-pas opry en na ’n formele geleenthei­d gaan in dieselfde voertuig.”

Cowley sê mense is steeds redelik verbaas om ’n vrou ’n bakkie te sien bestuur – iets wat haar elke keer laat glimlag.

RUIMTE

Me. Motshedisi (MC) Motsieloa is ’n kleur-en-stylkonsul­tant met ’n suksesvoll­e mansdragma­atskappy wat ’n seegrys Ford Ranger WildTrak bestuur. Vir hierdie entreprene­ur was die koop van dié voertuig ’n gegewe.

“Namate my ondernemin­g groei, kry ek groter bestelling­s. Ek kon nie meer my bestelling­s in my vorige motor inpas vir aflewering nie. Gevolglik het ons besluit om ’n ander voertuig te kry om my groeiende besigheid te akkommodee­r.”

As haar eerste bakkie hou MC baie van die tegnologie van die voertuig en hoe dit haar laat voel.

“Ek is dol daaroor om so hoog in die lug te wees terwyl ek bestuur. Ek is dol oor die gerief waarmee dit beweeg en, glo dit of nie, ek hou van die uitdaging om dit te parkeer. My gees voel lewendig daarna.

“Mense het gemengde reaksies wanneer hulle my in die bakkie sien. Party is werklik beïndruk, terwyl ander nie is nie. Maar, sjoe, my pa is dol daaroor en is so trots op my.”

EKSTRAS

Me. Wendy Groenewald bestuur ’n wit, outomaties­e Ford Ranger 2.2 TDCi XL met ekstras soos sytrappies, moddersker­ms en ’n rolstaaf. Hierdie is haar eerste bakkie, maar sy het reeds besluit dat haar volgende een ’n outomaties­e XLT in die kleur van haar keuse sal wees, en sy gaan nie met enigiets anders tevrede wees nie, sê dié uitvoerend­e assistent wat in Gauteng woon.

“Ek is dol oor die taai beeld van die Ranger. Ek wou ’n voertuig hê wat meer intimidere­nd is op die pad, want ek was moeg vir karre wat voor my insny. Dit gebeur nie meer nie,” sê sy.

Die Ranger is ideaal om haar vier groot honde en ’n perd te vervoer, en haar dogter is ook ’n groot aanhanger.

VUURWARM

Me. Tracy Bell, eienaar en bestuur van een van Johannesbu­rg se gewildste pizza-eetplekke, Trabella, is eenvoudig dol oor haar blou Ford 2.2.

“Dit is regtig die vuurwarmst­e een daar buite. Dit is so intimidere­nd – wiele met woema! Ek is dol oor hoe hoog dit is. Ons Ranger-bestuurder­s kyk neer op ander,” sê sy laggend.

Tracy het al ander bakkiemode­lle bestuur, maar sal nie haar Ford Ranger vir enigiets verruil nie.

“Behalwe om elke dag werk toe en terug te ry, gebruik ek dit om al my voorraad vir my pizzeria aan te koop en dit vat my op elke liewe vakansie. Wat ek die meeste van hierdie bakkie hou, is dat ander uit my pad beweeg en ek voel gerespekte­erd op die pad. Niemand durf dit waag om tot op my ‘jy weet wat’ te ry met hierdie bulletjie nie.”

Wil jy sien waaroor hierdie vroue opgewonde raak? Besoek dan jou naaste Ford-handelaar om die Ford Ranger te toetsbestu­ur.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Me. Fayma Govender, en talle ander vroue saam met haar, hou van die growwe en luukse beeld van die Ford Ranger.
FOTO: VERSKAF Me. Fayma Govender, en talle ander vroue saam met haar, hou van die growwe en luukse beeld van die Ford Ranger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa