Landbouweekblad

Bonnox-heinings gebou om te hou

Bonnox-heinings is van begin tot einde ’n toonbeeld van afgerondhe­id, funksional­iteit, perfeksie en wêreldklas­gehalte. Bonnox is sinoniem met swaarversi­nkte heinings wat reeds sedert 1962 vertroue en respek inboesem.

- NAVRAE: E-pos: zane@bonnox. co.za, gerda@bonnox.co.za of linda@bonnox.co.za; webwerf: www.bonnox.co.za; tel. 076 169 9068 of 012 666 8717.

Boere ken reeds Bonnox se puik produkte. Die Money Saver-, Close Mesh-, Kombi Fence-, Square Mesh-, Multi Fence- en Flexi Fence-reekse is noukeurig ontwerp om in elke moontlike behoefte te voorsien. Wat ’n vervaardig­er egter van die res onderskei, is sy vermoë om nuwe neigings en behoeftes in die mark betyds raak te sien.

Te midde van sukkelende ekonomiese tye stel Bonnox met trots sy nuwe ekonomiese reeks bekend. Dié ligversink­te reeks bestaan uit nege verskillen­de ontwerpe wat met deeglike beplanning en jare lange kennis ontwerp is. ’n Boer kan nou appels met appels vergelyk wanneer hy ’n Bonnox-heining met dié van ’n mededinger vergelyk.

“Daar is baie ligversink­te draad op die mark beskikbaar, maar baie van ons kliënte soek dit onder die Bonnox-handelsmer­k,” sê me. Anita Gent, direkteur van Bonnox.

“Dus vervaardig ons ’n ekonomiese weergawe van die nege gewildste produkte uit ons altesaam 70 produkte. Dit sluit in die Money Saver-, Close Mesh- en Kombi Mesh-reekse in hoogtes van 1,2 m, 1,8 m en 2,4 m in. Boere het dus nou ’n goedkoper opsie om kleinvee, grootvee en grootwild veilig te omhein.”

WIND EN WEER

In gebiede waar natuurlike elemente, soos reën, nie so ’n groot uitwerking op die draadheini­ng het nie, sal die goedkoper Bonnox-reeks jare lank hou, maar swaarversi­nkte Bonnox word steeds aanbeveel vir gebiede waar natuurlike elemente hoër eise aan heinings stel.

Omdat die elite- en ekonomiese reekse presies dieselfde lyk, is die etikette op die bestaande reeks groen en op die ekonomiese reeks koningsblo­u.

Hoewel die prys van die ekonomiese reeks 25% goedkoper is, word dit met dieselfde Bonnox-noukeurigh­eid, sorg en grondstoww­e van hoë gehalte vervaardig.

FABRIEK NA BOER

Egte Bonnox-produkte, wat jare lank deur ingenieurs en metallurge nagevors is, kan regstreeks van die Bonnox-fabriek in Sunderland Ridge, suid van Pretoria, bestel word.

Buiten om koste te verminder, kan die boer ook die beste raad en ondersteun­ing regstreeks van die vervaardig­er ontvang.

Boere wat onseker is of hulle egte Bonnox-produkte aankoop, kan Bonnox kontak.

Voorraad is geredelik beskikbaar en daar is net ’n kort wagtyd nadat ’n bestelling by Bonnox geplaas is.

 ??  ?? Bonnox doen al sedert 1962 sake en groei steeds omdat hy altyd in die boer se behoeftes voorsien.
Bonnox doen al sedert 1962 sake en groei steeds omdat hy altyd in die boer se behoeftes voorsien.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Hetsy jy Bonnox se swaarof ligversink­te draad bestel, die gehalte en vakmanskap bly ononderhan­delbaar.
FOTO’S: VERSKAF Hetsy jy Bonnox se swaarof ligversink­te draad bestel, die gehalte en vakmanskap bly ononderhan­delbaar.
 ??  ?? Twee van Bonnox se vindingryk­e bindmetode­s. Bo is die ringheg (RINGLOK®) vir onewe oppervlakk­e en onder die stewige skanierheg (HINGEJOINT®) vir die res van die omheinings.
Twee van Bonnox se vindingryk­e bindmetode­s. Bo is die ringheg (RINGLOK®) vir onewe oppervlakk­e en onder die stewige skanierheg (HINGEJOINT®) vir die res van die omheinings.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa