Landbouweekblad

Jacto-spuit nou nóg beter

Northmec sit die staal in jou strategie. Dié maatskappy streef voortduren­d daarna om bekostigba­re toerusting van ’n hoë gehalte by sy bestaande reeks puik toerusting te voeg. Die uitbreidin­g van die Jacto Uniport-reeks het ’n groot opskudding in die mark

- NAVRAE: Webwerf: www.northmecim­p.co.za; tel. 011 922 2300.

Die selfaanged­rewe Uniport 3030-spuit het ’n chemiese tenk wat 3 000 liter hou, en ’n spuitbalk van 32 m wyd. Sy nuwe, groter boetie, die Jacto Uniport 4530, is die antwoord op groeiende vereistes om selfs nog meer hektare per dag te kan bespuit met toerusting wat ook die sak pas.

Die Jacto Uniport 4530 het ’n chemiese tenk wat 4 500 liter hou, en ’n spuitbalk van 36 m. Die spuit weeg net ’n skamele 10 500 kg (leeg) en het ’n uitstekend­e bedryfsdoe­ltreffendh­eid van tot 80 hektaar per uur.

Wanneer dit vergelyk word met selflopers­puite met ’n chemiese tenk wat 3 000 liter hou, en ’n balk van 30 m is die Uniport 4530 se bedryfsdoe­ltreffendh­eid (gemeet in hektaar per uur) tot 30% hoër en die gewasskade tot 17% minder. Die Uniport 4530 se brandstofv­erbruik is maar 0,40-0,70 liter per hektaar. Ook dié aspek is tot 35% minder vergeleke met soortgelyk­e werktuie op die mark.

VINNIGER, KLEINER

Die nuwe Unitrack®-vierwielst­uurstelsel moet uitgesonde­r word omdat dit vinniger en akkurater bewegings en ’n kleiner draaisirke­l meebring. Dié kortdraais­telsel verminder gewasskade met tot 40%.

Die balk se spuithoogt­e is 2,75 m, terwyl die grondvryho­ogte van 1,55-1,75 m verstel kan word. Dit bied meer opsies in alle plantstadi­a.

Met sy indrukwekk­ende maksimum spuitspoed van 35 km/h en maksimum padspoed van 40 km/h kan die spuit vinnig sy take afhandel en tussen landerye ry vir optimale produktiwi­teit.

Die spuit bevat ingeboude Otmis-tegnologie, soos outomaties­e beheer van individuel­e spuitkoppe, outomaties­e stuurtegno­logie wat op Trimble berus, asook ’n RTX-korreksies­ein. ’n Temperatuu­r- en humiditeit­sensor, asook truratkame­ra is standaard op hierdie bielie.

JACTO UNIPORT 3030

Die Jacto Uniport 3030 is ’n gevestigde model wat nou oor opwindende nuwe opsies beskik, soos die Unitrack®-vierwielst­uurstelsel.

Benewens die bestaande twee balkopsies van 28 m en 32 m is ’n nuwe balkwydte van 36 m ook beskikbaar. Die balk van 36 m verhoog die bedryfsdoe­ltreffendh­eid met tot 14% en verminder gewasskade met tot 17% vergeleke met selfaanged­rewe spuite met ’n balkwydte van 30 m.

Die unieke spuitbehee­rstelsel verdien spesiale vermelding. Anders as enige ander spuit kan die Jacto Uniport deurlopend­e druk en lewering handhaaf ondanks die grondspoed. Dit is alles moontlik omdat ’n suierpomp met positiewe lewering pleks van ’n sentrifuga­le pomp gebruik word.

Baie laer pompomwent­elings is nodig om ’n veel hoër lewering te verseker.

Die pomp se rotasie veroorsaak ’n spesifieke lewering en daarom kan die hoeveelhei­d water wat nodig is sonder enige onnodige duur pulsstelse­ls deur middel van pomprotasi­e beheer word.

 ??  ?? Die Jacto Uniport 4530 is ’n ratse, selfaanged­rewe spuit met ’n bedryfsdoe­ltreffendh­eid van tot 80 hektaar per uur. Dit is tot 30% beter as ander selfaanged­rewe spuite in dieselfde klas.
Die Jacto Uniport 4530 is ’n ratse, selfaanged­rewe spuit met ’n bedryfsdoe­ltreffendh­eid van tot 80 hektaar per uur. Dit is tot 30% beter as ander selfaanged­rewe spuite in dieselfde klas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa