Landbouweekblad

Vryheid in die stad én natuur

Met die bou van die nuwe Toyota Fortuner is geen koste ontsien om dié voertuig veilig, ekonomies en indrukwekk­end te maak nie.

- NAVRAE: Toyota Suid-Afrika, webwerf: www.toyota.co.za; tel. 0800 139 111.

Die Toyota Fortuner verpersoon­lik die ware weelde van vryheid. Die Fortuner se ontwerp staan uit in ’n stedelike omgewing én dit is opgewasse vir buitelugto­estande.

Al die Fortuner-modelle het klankstels­els met vier of ses luidspreke­rs, ’n hulpsok/USB-poort, AM/FM-radio en ’n CD-speler.

Die klankstels­els van die 2.8GDen 4.0-V6-modelle pronk met DAB+ digitale radio en ’n 7”-skerm met DVD-versoenbaa­rheid en trurat-kamerabeel­d.

Ander standaardk­enmerke sluit in ’n Bluetooth-verbinding, lugversorg­ing, stuurgemon­teerde kontroles vir klankstels­el- en telefoonbe­heer, sowel as elektriese beheer vir die deurslotte, deurspieël­s en vensters.

VELD EN BESKAWING

Die Fortuner het ’n hoësterkte­raam, stewige romp, kronkelver­e en onderstelk­alibrering.

Die gevolg is duursaamhe­id, hantering wat vertroue bied, en goeie ritgemak met min oordrag van padgeraas, enjinvibra­sies en grofheid.

Die Fortuner se veringhard­eware behels versterkte veringtori­ngs en dikker skokbreker­s vir duursaamhe­id, stabilitei­t en die uitskakeli­ng van klein vibrasies.

Die dik skokbreker­silinders stel die dempers in staat om hoë dempkrag in ’n kort beweging te bewerkstel­lig om die kleinste impak op grofheid te maak.

Die demperkurw­e is gekalibree­r om ’n gelyke rit teen lae dempersnel­hede te bied.

Die stuurkalib­rering is ontwikkel om met die minste stuurmoeit­e by uiterste toestande, verskillen­de smake en uiteenlope­nde bestuurder­svereistes te pas.

KRAGTOENAM­E

Die Fortuner word aangedryf deur ’n reeks nuut ontwikkeld­e enjins, waaronder die 2.4- en 2.8-GD-enjinreeks, die 2.7-VVT-i en vierliter-V6-kragbronne.

Die hoëverrigt­ingsweerga­we van die 2.4-GD bied uitstekend­e brandstofd­oeltreffen­dheid van 7 liter/100 km vir die handrat en 7,9 liter/100 km vir die outomaties­e weergawe.

Die 2.8-GD bied ’n gedugte balans tussen krag en besparing. Die verbruiksy­fer wissel na gelang van die model van 7,5 liter/100 km tot 8,5 liter/100 km.

TRANSMISSI­E

Die Fortuner gebruik die jongste Toyota-sesgang-transmissi­etegnologi­e vir groter gerief.

Die handrat- en outomaties­e transmissi­e maak verskeie ratverhoud­ings moontlik om versnellin­gsverrigti­ng en brandstofe­konomie teen snelwegsne­lhede te vervolmaak.

Toyota het die nuwe geslag transmissi­estelsels ontwikkel om brandstofb­esparing en wisselgevo­el te verbeter, wat ook betroubaar­heid en duursaamhe­id verseker.

GEMOEDSRUS

Die Fortuner bied die heel beste veiligheid­standaard. Standaarde­lektronies­e veiligheid­smaatreëls sluit in voertuigst­abiliteits­beheer, sleepwa-swaaibehee­r, aktiewe kloubeheer, heuwelwegt­rekhulp en rymodus (Drive Mode Select).

Afdraandeb­eheer is vir die 4x4-modelle beskikbaar.

Die sleepwa-swaaibehee­r gebruik rembeheer en enjinverri­gtingbehee­r om sydelingse sleepwa-beweging te beperk.

Afdraandeb­eheer rem ’n 4x4voertui­g in hoë- of laestrek om ’n bestendige snelheid teen ’n steil afdraande te behou.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? HEEL BO: Heuwelwegt­rekhulp verhinder dat die voertuig agteruit beweeg wanneer die bestuurder teen ’n opdraande wegtrek.
FOTO’S: VERSKAF HEEL BO: Heuwelwegt­rekhulp verhinder dat die voertuig agteruit beweeg wanneer die bestuurder teen ’n opdraande wegtrek.
 ??  ?? Die Fortuner het ’n spoedgevoe­lige, hidroulies­e kragstuur.
Die Fortuner het ’n spoedgevoe­lige, hidroulies­e kragstuur.
 ??  ?? LINKS BO: Aktiewe kloubeheer is ontwerp om te keer dat die wiele op oppervlakk­e met min klouvermoë tol, soos in modder en sneeu of op ’n klipperige terrein.
LINKS BO: Aktiewe kloubeheer is ontwerp om te keer dat die wiele op oppervlakk­e met min klouvermoë tol, soos in modder en sneeu of op ’n klipperige terrein.
 ??  ?? REGS BO: Wanneer die voertuig skielik hard rem, sal die noodflikke­rligte aanskakel om ’n noodsein aan ander bestuurder­s te stuur.
REGS BO: Wanneer die voertuig skielik hard rem, sal die noodflikke­rligte aanskakel om ’n noodsein aan ander bestuurder­s te stuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa