Landbouweekblad

Profert begin met nuwe era

Die Timac Agro-filiaal van die Franse groep Groupe Roullier het Profert se belange in Suid-Afrika oorgeneem. Profert is baie opgewonde oor hierdie vennootska­p en hoe dit sy markposisi­e gaan versterk.

- NAVRAE: www.profert.co.za

Profert het baie jare ervaring in die Suid-Afrikaanse kunsmisbed­ryf wat perfek inpas by Groupe Roullier se navorsing en ontwikkeli­ng. Nou kan Profert, as deel van die Timac-familie, ’n groter reeks produkte aan die boer bied as ooit tevore. Dit sal spesiaal geformulee­r wees vir sy tipe boerdery, weerstoest­ande en grondtipes en, soos altyd, op plaaslike markbehoef­tes toegespits wees.

GOEIE GEHALTE

Iets wat nie gaan verander nie, is die gehalte van die produkte. Volhoubare en omgewingsv­riendelike landboupra­ktyke en -produkte bly die hoeksteen van die maatskappy. Die beskerming van natuurlike habitatte is noodsaakli­k, daarom werk Profert saam met die natuur, nie daarteen nie. Soos in die natuur sal die simbiose albei entiteite sterker maak. Boere moet florerende boerderye kan bedryf en daarom is die opbrengs op hul beleggings uiters belangrik.

Profert het baie sukses met sy reeks BlackTM-produkte. Die BlackTM-reeks is hoofsaakli­k Urea en DAP, wat gedek is met LaunchTM. Dit verbeter die doeltreffe­ndheid van kunsmis.

Dié produkte is onder meer deel van die maatskappy se strategie vir verbeterde tegnologie. Dit is een van vele redes waarom Timac Agro belangstel­ling in Profert getoon het.

Die landboufor­mules van Timac Agro se unieke enkelkorre­lkunsmispr­oduk is akkuraat saamgestel om ’n toegespits­te uitwerking te hê. Dit sal ook die gehalte van die oes verbeter en nie net die opbrengs nie.

MEER OPSIES

Timac Agro se aankoop van Profert vorm deel van ’n ontwikkeli­ngsplan wat aansienlik meer keuses ten opsigte van plant- en diervoedin­g aan die Suid-Afrikaanse boer beskikbaar sal kan stel.

“Ek is baie opgewonde oor dié geleenthei­d en ek glo saam sal ons meer vernuwende oplossings vir ons boere se daaglikse praktyke kan bied,” het mnr. Olivier Duval, uitvoerend­e direkteur van Timac Agro, met die aankondigi­ng van die oorname gesê. Timac Agro sal dus baat vind by Profert se enorme kennis en ervaring van bemesting en kunsmisver­spreiding in Suid- Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa