Landbouweekblad

Oplossings vir SA boere

Die opbrengs per hektaar het sigbaar verhoog danksy verbeterde produktiwi­teit in die landbou. AgriCAD vind nie net daarby baat nie, maar dra ook daartoe by.

- NAVRAE: E-pos: info@agricad. co.za; Wim van Heerden, sel 076 982 1685; Charl Fouché, sel 078 095 7974; AgriCAD-kantoor: 086 100 1204.

Sedert sy ontstaan in 2010 het AgriCAD met sy vernuwende werktuie ’n groot invloed op die landbou. Boere moes deurentyd aanpassing­s maak om in pas te bly met veranderin­gs in die landboubed­ryf. Toepaslike werktuie, soos groter tapkarre en landsilo’s met ’n groter laaivermoë en vinniger uittaptemp­o, is ontwikkel om graan doeltreffe­nder te vervoer.

AgriCAD se idees word op tekenstell­e geplaas en dan meganies ontwerp deur metodes, soos indekserin­g, te gebruik om die doeltreffe­ndste oplossing aan boere te bied.

Klem word geplaas op die gehalte van die bouwerk, die afwerking en die goeie verf wat gebruik word. Gehaltebeh­eer word deurlopend toegepas.

Die werktuie word met omsigtighe­id vervaardig, maar diens is net so belangrik. Benewens die agente se ondersteun­ing het AgriCAD ’n toegewyde span wat kliënte op kort kennisgewi­ng kan bystaan.

VERMINDER STAANTYD

AgriCAD se kunsmistap­kar bied ’n bekostigba­re hanterings­oplossing aan boere. Dit is spesifiek ontwikkel om in die SuidAfrika­anse boer se behoeftes te voorsien.

Die BF073, BF105 en BF150 bied die volgende praktiese voordele: Die laaimegani­sme laai kunsmis in groot maat en in sakke maklik en vinnig; Uittap- en stopbeheer deur die operateur op die uittappyp; ’n Maksimum verstelbar­e uittapspoe­d van tot 1 ton per minuut vir algehele beheer; ’n Modulêre ontwerp wat onderhoud en vervanging maklik en bekostigba­ar maak; ’n Toesluitsa­adkas van 300 kg (BF073, BF105 en BF150); ’n Toerolseil as standaard vir beskerming teen die elemente; ’n Houvermoë van 7 000 liter, 10 500 liter en 15 000 liter om maklik 7 ton, 10,5 ton of 15 ton kunsmis per vrag te hanteer; en Opsionele meganiese laaibakke van onderskeid­elik 500 kg (BF073) en 1 ton (BF105 en BF150).

 ?? FOTO: AGRICAD ?? AgriCAD help boere met vernuwende werktuie, soos dié kunsmistap­kar.
FOTO: AGRICAD AgriCAD help boere met vernuwende werktuie, soos dié kunsmistap­kar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa