Landbouweekblad

Data vir die toekoms

Is jy moeg daarvan om deur stapels bladsye vol ou data te soek om ’n brokkie waardevoll­e inligting te vind? Wens jy boerderypr­aktyke kon beter digitaal bestuur word? Indien wel, hier is goeie nuus.

- NAVRAE: Tel. 012 940 4398; webwerf: www.laeveld.co.za

Agri Technovati­on en Laeveld Agrochem het ondersoek ingestel oor hoe die beginsel van presisiebo­erdery verder ontwikkel kan word. Die kern van die probleem was dat data nutteloos is as dit nie in inligting omskep word nie. Inligting word eers wérklik waardevol wanneer dit insig bied.

Dus was die probleem om die ketting van data in alledaagse boerderypr­aktyke te omskep in ’n gebruikers­vriendelik­e, kennisgegr­onde stelsel wat verteerbar­e, verstaanba­re en insiggewen­de riglyne aan boere bied.

TEGNOLOGIE

Met Decision Farming™, Agri Technovati­on en Laeveld Agrochem se unieke benadering tot besluitnem­ingsboerde­ry kan boere nou baie meer vermag.

Besluitnem­ingsboerde­ry gebruik al die beskikbare inligting van ’n boerdery. Dit word dan gekombinee­r met vooraansta­ande landbouspe­sialiste se kundigheid om optimale, volhoubare landboupro­sesse moontlik te maak.

MyFarmWeb™ is een van die bruikbaars­te gevolge van dié benadering. Dit is ’n digitale platform wat aan boere insigte bied oor bestuurspr­osesse, besluitnem­ing, volhoubaar­heid en winsgewend­heid – alles op een plek.

TOEPASSING­S

Die stelsel ontgin die werklike waarde van die data wat met presisieme­todes geskep word deur dit in ’n visuele, bruikbare formaat om te skakel, te verwerk en dan te interprete­er.

Sedert MyFarmWeb™ aan boere beskikbaar gestel is, is: Altesame 2 303 plase op hierdie stelsel gelaai; ’n Databasis van amper 60 000 grondchemi­ese kaarte, en NDVI-beelde geskep; en ’n Daaglikse, gemiddelde verbruiksp­atroon van 170 gebruikers gevestig. Danksy dié sukses en die groeiende behoefte van Suid-Afrikaanse boere, integreer maatskappy­e ook nuwe tegnologie, soos akkurate weerdata en hommeltuig­video’s, met die platform.

As jy gereed is om die toekoms te verwelkom met môre se tegnologie, kontak Laeveld Agrochem.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Met die gebruik van MyFarmWeb™ kan boere data makliker interprete­er.
FOTO: VERSKAF Met die gebruik van MyFarmWeb™ kan boere data makliker interprete­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa