Landbouweekblad

’n Gebore

So gebeur dit toe mos dat ek, maar tog te dankbaar om nie deel van die land se werklooshe­idsyfer te vorm nie, sak en pak afsit stad toe. Na Sodom en Gomorra toe, soos die ouer garde sê.

-

Karoo-plaaskjint

Die stadsgedru­is het ’n manier om jou baie vinnig in daardie gejaagde lewenstyl op te slurp, of jy nou gereed is of nie. Elke dag kruip ek saam in die verkeer, net om saans terug te keer na my Fort Knox van ’n tuiste in die ooste van Johannesbu­rg, jy weet, daar waar die honde mos twee-twee saamloop.

Elke maand op die 25ste voel dié stadshamst­er dit is tyd om van die wieletjie af te klim vir ’n bietjie terapie. Nou deel van die stereotipe­s, gaan loop ek ook soos ’n wafferse Sandton-poppie in die winkelsent­rums rond (dit is ’n bietjie anders as die BKB waaraan ek gewoond is) en koop my salaris op. Ek moet inpas, jy weet.

Toe die geld op en die kos min raak, het ek besluit ek het ’n plaas-ruskans in die Karoo broodnodig. Ek pak die langpad aan asof die Karoo sommer net ’n klipgooi weg is, want vandat ek elf jaar oud is, kén ek van ry. Plaasmense raak mos afstande gewoond, so met die trippies kosskool toe en die kuiers by die naaste bure.

Toe ek by Drie Susters se vulstasie die petroljogg­ie in Engels, my stadstaal, wil groet, kom staan hy by my venster: “Mirras, mirras, mêm.” En ek besef my hart, wat na hierdie ryke, plat Afrikaans en die platteland­se mense verlang het, is tuis.

Ek vat die laaste stootjie plaas toe. In my truspieëlt­jie kyk ’n kinderlike glimlag terug – ’n gesig wat ek nie in die stad gesien het nie – en ek weet ek sal nooit as te nimmer die Karoo-plaaskjint binne my ontgroei nie. STILTE, STERRE, STORIES

Die eerste aand waardeer ek die oorverdowe­nde stilte en die helder sterre wat elkeen sy eie storie vertel. Die knetterend­e kaggelvuur bring rus en vrede vir my hart en siel.

Die volgende oggend, toe ek nie by die naaste KFC of Pick n Pay kan gaan aanklop vir ’n wegneemete nie, stap ek in my geskeurde slaapbroek hoenderhok toe vir daai ryk, geel eiers saam met my ontbyt.

Van sit en staan kom niks gedaan, so ek sit hand by met die oggend se plaaswerk. Selfs hekke oopmaak sit weer ’n lekkerkry-glimlag op my gesig. As die jongste van drie, wat gereeld moes hoor “Spring, Lien!”, het ek voorheen hekke verpes. Nou maak elke hek vir my meer vryheid oop en dit maak my oë oop vir God se asemrowend­e handewerk en genade. Nou eers sien ek die werklike kuns en geloofwerk wat boerdery is.

Middagete-tyd stap ek die verwelkome­nde reuk in die kombuis tegemoet. My hart (en maag) word warm. Geen yuppie-sjef se kos kan ooit so lekker smaak soos ’n plaastanni­e se geregte wat met liefde voorberei is nie.

Saam met middagete luister ons na Spektrum op RSG. Vir ’n plaaskjint is RSG se omroepers deel van die familie. Die hoogtepunt was Donderdaga­ande om 20:30, wanneer Staal Burger vir vermaak gesorg het. Tot my teleurstel­ling moes ek eendag hoor dis die reeks se tweedelaas­te episode. Nou hoe dan? Staal is dan die Chuck Norris van die ou tyd? Hy kan mos nie ’n vervaldatu­m hê nie? Gelukkig verwerk ek deesdae teleurstel­lings beter.

Min kan ’n storie vertel soos plaasmense. Ek bring een middag saam met die plaaswerke­rs deur terwyl hulle die hoenderhok­ke opgradeer. In die beste Afrikaans vertel hulle vir my die hele kontrei se nuus. Van ou Sarah se gesuipery en haar dorpskande­s tot Piet-goed se jongste laaitie wat nou vir hom so opgeskote hou. Ek hoor selfs

7de Laan se stukke! GISTER SE GROEI Stadigaan raak die stadsrobot weer mens. Plat-op-die-aardemens, omgee-mens, hartsmens. Die oogklappe val af en ek ontleed stukkie vir stukkie my nuwe lewe.

Hier kom klop die ware en belangrike dinge in die lewe aan jou hart. Hier kan ek net ek wees, sonder make-up, sonder voorgee, sonder inpas. Hier is dit oukei om vellies en jou gunsteling­broek, wat geskeur is, te dra. Daardie skeur vertel ook ’n storie, ’n storie van jou grootword, jou agtergrond, jou menswees.

Elke dag bou die mensdom aan ’n toekoms, maar vergeet skoon die verlede. Die plaaslewe wys egter elke dag nog ’n stukkie van gister se werk en groei en dit hou jouse twee voetjies plat op die grond. Saans kan jy op jou knieë gaan en net jy wees; die dankbare, eenvoudige jy.

Ek sal nooit die plaaskjint in my ontgroei nie. Ek wil ook nie. Ek geniet die plaaslewe se luukshede, wat ek soms moet verruil vir die lewe van ’n #dankieekhe­twerk #stadsjapie.

Delene Theunissen is ’n onderwyser­es by St. Peter’s College in Johannesbu­rg. Sy het op die plaas Scheurfont­ein in die distrik Beaufort-Wes grootgewor­d en op Oudtshoorn skoolgegaa­n. Sy is dol oor sport en geniet die buitelewe.

Die volgende oggend, toe ek nie by die naaste KFC of Pick n Pay kan gaan aanklop vir ’n wegneemete nie, stap ek in my geskeurde slaapbroek hoenderhok toe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa