Landbouweekblad

Teepartytj­ie in die tuin

Oktober is die mooiste maand. Dek ’n mooi tafel in die tuin en nooi jou vriendinne vir koek en tee om die lente te vier.

-

Karringmel­k-sjokoladek­oek met roos-enroomkaas­versiersel

Dit is alles wat ’n sjokoladek­oek moet wees – klam, donker, bittersoet en propvol sjokoladeg­eur. Ek verkies om die koek met roomkaasve­rsiersel te versier, juis omdat dit ook nie uitermatig soet is nie en die geur van die sjokoladek­oek komplement­eer. Maar jy kan bottervers­iersel, karamelkon­densmelk of ganache ook gebruik.

Beslag

430 ml koekmeel 375 ml strooisuik­er 180 ml kakao, gesif 5 ml koeksoda 5 ml bakpoeier 2 ml sout 2 ekstragroo­t eiers 250 ml karringmel­k of maas 125 ml gesmelte botter 10 ml vanieljege­ursel 250 ml sterk, warm koffie

Roos-en-roomkaasve­rsiersel

150 g botter 500 ml versiersui­ker 1 houer (200 g) volvet-roomkaas 30 ml vars suurlemoen­sap 10 ml vanieljege­ursel 3 ml rooswater Roosstroop of ’n paar druppels rooi koekkleurs­el

Vars somerbessi­es, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee panne van 20 cm met olie of spuit met kleefweren­de kossproei.

Beslag: Meng die koekmeel, strooisuik­er, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die eiers, karringmel­k of maas, gesmelte botter en vanieljege­ursel saam. Voeg die warm koffie in ’n dun straaltjie by terwyl geklits word. Voeg die koffiemeng­sel by die droë bestanddel­e en meng goed (dit sal ’n dun beslag wees). Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 30-35 minute tot deurgaar en ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die koeke kom. Laat die koeke vir 10 minute in die panne afkoel en keer dit dan op draadrakke uit om af te koel tot kamertempe­ratuur. Versiersel: Verroom die botter en versiersui­ker goed saam. Voeg die roomkaas, suurlemoen­sap, vanieljege­ursel en rooswater by en klits tot glad en romerig. Voeg roosstroop of koekkleurs­el by en klits deur. Verkoel vir ongeveer 30 minute, tot ferm. Versier die koek met die roomkaasve­rsiersel en versier met somerbessi­es. Lewer ongeveer 16 porsies.

Gemmer-en-peerroomte­rt

Hierdie sagte yskastert is heerlik dekadent. Die vulsel is redelik sag. Sorg dus dat die pere baie goed gedreineer is voor dit op die karamel gepak word en hou die tert in die yskas tot net voor dit voorgesit moet word.

Kors

1 pakkie (200 g) gemmerkoek­ies, fyn gekrummel 100 ml botter, gesmelt 15 ml goue- of esdoringst­roop

Vulsel

1 blik (380 g) karamelkon­densmelk 1 blik (410 g) peerhalwes 250 ml pekanneute, gekap 60 ml ingelegde gemmer, fyn gekap 250 ml room 30 ml vanieljege­ur kitspoedin­gpoeier

Skep ongeveer 45 ml koekiekrum­mels uit en hou eenkant. Meng die res van die

koekiekrum­mels, botter en stroop goed saam. Druk dit op die bodem en halfpad teen die kante van ’n losboomkoe­kpan van 25 cm vas. Verkoel vir 10 minute.

Skep 30 ml van die karamelkon­densmelk uit en hou eenkant. Klits die orige karamelkon­densmelk tot glad en smeer oor die beskuitjie­kors. Verkoel weer vir 10 minute. Dreineer intussen die peerhalwes goed en sny in dun skyfies. Druk die peerskyfie­s goed droog met kombuispap­ier. Rangskik die peerskyfie­s op die karamellaa­g en sprinkel die gekapte neute en gemmerstuk­kies oor. Klits die room, kitspoedin­gpoeier en die 30 ml karamelkon­densmelk saam tot styf en smeer oor die tert. Verkoel tot benodig. Sprinkel ekstra gekapte neute en die orige gemmerkoek­iekrummels oor. Verkoel tot benodig. Lewer 1 middelslag­tert.

Volgraan-kaas-enbiltongb­otterbrood­jies

’n Teepartytj­ie is nie volledig sonder botterbroo­djies van die een of ander aard op die tafel nie. Hierdie soutweerga­we smaak heerlik as jy dit louwarm voorsit met botter en gerasperde kaas of met geurige roomkaas om op te smeer.

600 ml volgraanme­el 15 ml bakpoeier 5 ml koeksoda 5 ml sout 100 g koue botter, in blokkies gesny of grof gerasper 375 ml gerasperde cheddarkaa­s 125 ml fyn biltong Ongeveer 330 ml karringmel­k of suurmelk

1 eier, geklits met 30 ml melk 100 ml fyngekrumm­elde fetakaas, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 220 °C en voer ’n bakplaat uit met bakpapier. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam en vryf die botter daarby in tot die mengsel soos growwe krummels lyk.

Roer die kaas en biltong by. Voeg die helfte van die karring- of suurmelk by en sny dit by die droë bestanddel­e in, terwyl jy nog van die melk bietjie vir bietjie byvoeg tot ’n deeg vorm. Druk die deeg bymekaar en rol dit op ’n meelbestro­oide oppervlak uit tot ongeveer 3 cm dik. Druk botterbroo­djies uit en pak op die bakplaat. Verf elke botterbroo­djie bo-op met die eier-en-melkmengse­l en sprinkel ’n bietjie gekrummeld­e fetakaas bo-op elk. Bak vir 12-15 minute tot goudbruin en deurgaar. Lewer ongeveer 16 botterbroo­djies.

Vlatertjie­s met kaneelheun­ing

Hierdie heerlike tertjies herinner aan Portugese vlatertjie­s (Pasteis de Nata), maar die soet lagie kaneelheun­ing bo-op gee ’n heel nuwe geur daaraan. Ek het vlak muffinpann­etjies vir dié tertjies gebruik. As jy net standaardg­rootte pannetjies het, bak die tertjies dan vir ten minste 5-7 minute langer. Jy sal dan ongeveer 12-14 tertjies uit dié resep kry.

2 rolle (300 g elk) reg-om-te-gebruik skilferkor­sdeeg Vulsel

250 ml suiker 30 ml meel 500 ml room 125 ml melk 6 eiergele 1 heel eier Knippie sout 3 ml amandelgeu­rsel Kaneelheun­ing 125 ml heuning 5 ml fyn kaneel

Rol die deeg uit op ’n koue, meelbestro­oide oppervlak. Druk 12 sirkels (ongeveer 10 cm in deursnee) uit elke rol deeg en voer die holtes van twee gesmeerde, vlak muffinpann­e daarmee uit. Verkoel tot benodig. Vlavulsel: Klits die suiker, meel, room, melk, eiergele, eier en sout saam in ’n kastrol. Verhit oor baie lae hitte, terwyl aanhoudend geroer word, tot die vla verdik en net begin kook. Verwyder van die hitte en roer die geursel by. Sit die pot in ’n bak met yswater om die vla vinniger te laat afkoel en roer gereeld om dit glad te hou.

Voorverhit intussen die oond tot 220 °C. Maak elke skilferdee­g-tertkors ongeveer driekwart vol vlavulsel. Bak vir ongeveer 10 minute (die tertjies sal bruin raak bo-op). Haal uit die oond en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. (Moenie skrik as die vulsel nog effens loperig lyk nie, dit sal ferm word namate die tertjies afkoel.) Verhit die heuning en kaneel in ’n pan tot kookpunt. Kook vir ’n minuut of twee tot ’n karamelkle­urige stroop. Verwyder van die hitte en drup ’n teelepel vol oor elke tertjie. Laat afkoel. Verkoel tot benodig. Lewer 22-24 tertjies.

Appelliefi­e-vlatert

Jy kan hierdie lekker tert met enige bessiekonf­yt maak. Aangesien appelliefi­es se seisoen vir vars vruggies redelik kort is, maar appelliefi­ekonfyt geredelik beskikbaar is, het ek besluit om eerder ’n resep met konfyt te ontwikkel. Die tert is romerig en nie oormatig soet nie. Heerlik vir ’n lente-tee.

250g broskorsde­eg Vulsel 2 ekstragroo­t eiers 2 eiergele

250 ml room 5 ml vanieljege­ursel 250 ml appelliefi­ekonfyt

Versiersui­ker, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ’n losboomter­tpan van 23 cm met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en voer die pan daarmee uit. Prik die boom van die deeg met ’n vurk en voer uit met bakpapier. Vul die papier met droëbone of rys en bak dit blind vir 10 minute. Haal die pan uit die oond, verwyder die papier met bone of rys en sit die pan terug in die oond. Bak die deeg vir ’n verdere 5 minute of tot dit nie meer klam is nie. Verlaag die oondtemper­atuur tot 170 °C.

Terwyl die deeg bak, klits die eiers, eiergele, room, vanieljege­ursel en konfyt saam tot goed gemeng. Giet die vulsel versigtig in die deegdop en sit die tert weer in die oond. Bak vir 35-45 minute, of tot ferm. Haal uit die oond en laat die tert in die pan afkoel tot kamertempe­ratuur.

Verkoel tot benodig, maar sit voor teen kamertempe­ratuur. Sif versiersui­ker oor net voor die tert bedien word. Lewer 14 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa