Landbouweekblad

Onthou dié dryfkragte vir jou besigheid

In ’n onlangse werksessie met sakemense het die groep kerndryfkr­agte geïdentifi­seer wat hul besighede se toekoms gaan beïnvloed. Hulle het besef hulle moet dié dinge in ag neem in hul langtermyn­beplanning, asook vir die posisioner­ing van hul besighede in

-

Natuurlik is daar dryfkragte wat spesifiek vir besighede geld en wat hul toekoms gaan beïnvloed. Die lys wat ek hier gaan bespreek, was geldig vir besighede in ’n uiteenlope­nde sake-omgewing. Dié dryfkragte is ewe geldig vir landboubes­ighede se toekoms. ’n Mens kan hulle beslis dophou en in jou sakeplan insluit.

BELEIDONSE­KERHEID

Die media praat van politieke onsekerhei­d, maar dit is verkeerd. Dit gaan eerder daaroor dat die wette en regulasies wat die Regering uitvaardig nie konsekwent­e beleidsdoe­lwitte nastreef nie, maar lukraak is. Dit word gedoen om die korruptes in die Regering te behaag en het beslis nie welvaart en werkskeppi­ng in Suid-Afrika ten doel nie.

Kyk byvoorbeel­d na die nuutste regulasies wat mnr. Mosebenzi Zwane, Minister van Minerale Hulpbronne, aangekondi­g het om die mynbedryf te reguleer. Die doel is onbeskaamd om ’n klein klompie swart tenderpren­eurs ter wille te wees, terwyl letterlik tienduisen­de mynwerkers besig is om hul werk te verloor.

Onsekerhei­d oor die toekenning van mynregte, vereistes vir swart bemagtigin­g wat onrealisti­es is en gereelde uitsprake dat die mynbedryf genasional­iseer gaan word, het belegging in dié bedryf tot stilstand gedwing. Dit het langtermyn­gevolge, terwyl sake oor beleid uitgespook word.

Arbeidswet­gewing (wat lyk of dit begin stabilisee­r) is nog ’n rede waarom besighede nie mense in diens neem nie en eerder met arbeidsver­vangende tegnologie gebruik.

In die landbou en die breër ekonomie is die hele kwessie van onsekerhei­d oor grondeiena­arskap wat die ANC, die SAKP en die EFF geskep het, ’n reusestrui­kelblok. Die feit dat die ANC nie grond kan nasionalis­eer sonder om die Grondwet te verander nie, het die Regering nou gedryf tot allerlei pogings tot wetlike inperkings, soos dié op grondbesit, grondplafo­nne, asook onteiening van grond

vir plakkers en bestaansbo­ere.

Onthou, as die Regering ooit grond sou nasionalis­eer, moet hy ook die banke nasionalis­eer. Dit is omdat grond (stedelik en nie-stedelik) een van die vernaamste bates is waarteen banke finansieri­ng verskaf. In so ’n geval is die hele ekonomie daarmee heen.

Die jongste voorval was die aanslag van die Zuma-gesinde groep om die grondwetli­ke voorskrif van hoe die Reserweban­k werk, te probeer verander. Die hof het dié saak uitgegooi. Die ergste van alles is dat adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer, ná die tyd gesê het sy het gedink die staat kan gratis geld leen as die Reserweban­k genasional­iseer word. (Dit is natuurlik om die ander staatsonde­rnemings aan die gang te hou.)

Boere moet op die hoogte bly van wetsverand­ering en verwagte veranderin­ge. Jou besigheid moenie onkant betrap word nie. Die manier waarop die ANC en die SAKP Suid-Afrika en sy ekonomie tans bestuur, bly ’n ontwrigten­de dryfkrag.

EKONOMIE EN WERKLOOSHE­ID

’n Sterk groeiende ekonomie en die ekonomiese siklus is deurgaans belangrik. Dit bepaal uiteindeli­k die groei in die markte, wat vir alle besighede van belang is. Die ingrypings van die Zuma-groep in die ekonomiese bestel – om hul eie sakke te vul – is die oorsaak van min ekonomiese groei.

Onsekerhei­d oor beleid wat daaruit voortvloei, bly ’n kwessie. Onthou egter dat ekonomiese groei in siklusse beweeg en dat Suid-Afrika einde verlede jaar en in die begin van die jaar die onderste punt geraak het.

Talle ekonome meen Suid-Afrika is geleidelik besig om in ’n nuwe ekonomiese groeifase in te beweeg namate die Zuma-era ten einde loop. Besighede begin belê nou reeds in bedrywighe­de met die oog op die verwagte nuwe opswaaisik­lus.

Ál meer besighede glo daar gaan eers ekonomiese groei ná Zuma wees. Die feit bly: As jy nie in jou besigheid belê nie, is jy in elk geval op die afdraande pad. Vendusie is dan jou voorland, tensy jy Suid-Afrika wil verlaat, wat vir die meeste van ons nie ’n opsie is nie.

MARKTE EN KLIËNTE

Alle besighede is dit eens dat markte siklies is en dat ons in Suider-Afrika ’n groeiende mark het. Onthou, baie plaaslike besighede verkoop hul produkte in Suider-Afrika. Wat basiese landboupro­dukte en voedselpro­dukte betref, is ’n groot deel van Suid-Afrika se mark in sy buurlande. Dit sluit Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en die BLSN-lande (Botswana, Lesotho, Swaziland en Namibië) in. Die vraag na landboupro­dukte bly groei. Dit gaan nie gou verander nie.

Onthou ook dat verbruiker­svoorkeure bly verander. Die besigheid wat nie belê in nuwe tegnologie om nuwe produkte en dienste te lewer nie, is in elk geval gedoem tot ondergang. Dit geld eweneens vir basiese landboupro­dukte, nuwe kultivars, nuwe teelmateri­aal en vele meer.

BELEGGING EN NUWE TEGNOLOGIE

Drastiese veranderin­ge en reusespron­ge word in die volgende tien jaar ten opsigte van nuwe tegnologie in die wêreld verwag.

Dit bring ’n mens by sogenoemde “ontwrigten­de tegnologie”. Sekere motorverva­ardigers het byvoorbeel­d reeds aangekondi­g dat hulle binne ’n dekade gaan ophou om binnebrand­enjins (soos ons dit ken) te bou.

Die vier groot banke in Suid-Afrika se grootse bedreiging is nuwe banke, sogenoemde “Fintech”-banke, wat finansieri­ng

en deposito’s per rekenaarst­elsel doen. Hulle gaan banktakke en -dokumente oorbodig maak. Dié nuwe banke skep nou selfs hul eie geldeenhed­e (soos Bitcoin).

Daar is talle voorbeelde in die landbou, van presisiebo­erdery tot hommeltuie en die outomatise­ring van take, wat hier ter sprake kom. Daar is byvoorbeel­d eierboere waar die eiers vir die eerste keer deur ’n mensehand aangeraak word wanneer die verbruiker die verpakking oopmaak.

Arbeidsbes­parende tegnologie beteken boere gaan minder werkers nodig kry, maar hulle gaan beter opgelei wees en groter salarisse verdien.

KOSTEBESPA­RING

Kostebespa­ring loop deur alle besighede, van die mynbou tot die bankwese. Jy moet meer met minder lewer (en ál goedkoper), rekenarise­er én outomatise­er. So nie is daar ’n wesenlike risiko dat jou mededinger­s plaaslik of internasio­naal jou in die sakewedloo­p gaan klop.

Onthou, almal ding mee om dieselfde mark. Jou mielies moet goedkoper as jou buurman s’n wees en jy moet by die hawe met die Amerikaans­e en Argentynse boer kan meeding. Dit geld melk- en vrugteboer­e en eintlik alle boere.

AANPASBARE BESIGHEID

Die bogenoemde lys verwagte dryfkragte vir besighede in die volgende vyf tot tien jaar beklemtoon dat die mees aanpasbare besigheid gaan oorleef. Jy moet goeie personeel hê om vinnig aan te pas by ’n nuwe, vinnig veranderen­de sake-omgewing, waar tegnologie baie ontwrigten­d gaan wees. Goeie finansiële steun van jou finansiers gaan ’n vereiste wees.

GRONDBESIT TEENOOR HUUR

In die toekoms sal daar ’n onderskeid wees tussen grondeiena­ars en -huurders. Baie boere huur grond om daarop te boer, soos reeds in die res van die wêreld waarmee ons meeding (die Amerikas, Australië en Nieu-Seeland).

Kapitaalwi­nsbelastin­g is een dryfkrag wat dit “te duur” maak om jou grond in die toekoms te verkoop. Jy kan basies aanvaar dat sowat een derde van jou verkoopsom as kapitaalwi­nsbelastin­g deur die staat gevat gaan word. Dit vernietig welvaart en families gaan (soos elders in die wêreld) eerder die grond uitverhuur as om dit te verkoop.

’n Nuwe beroep ontstaan nou, soos in Amerika, waar ’n landboukun­dige of -ekonoom as tussengang­er tussen die grondeiena­ar en die boer optree. Die persoon moet toesien dat vrugbaarhe­id en ander aspekte van grondgeson­dheid in stand gehou word.

Nuwe grondeiena­arskapmode­lle ontstaan dus. In die stede is besighede wat ’n portefeulj­e van verhuurbar­e eiendom opbou en dit dan op die Johannesbu­rgse effektebeu­rs lys, waar beleggers dan aandele daarin kan koop.

Op ’n soortgelyk­e wyse is daar reeds roeringe in Suid-Afrika aan die gang waar beleggers van buite steeds goeie waardegroe­i op lang termyn in landbougro­nd sien (ná Zuma) en bereid is om as beleggers op te tree.

Boerdery gaan dus minder kapitaalin­tensief wees om te bedryf (as jy nie die grond besit nie). Nuwe toetreders tot die landbou sal dit makliker kan doen. Landboufin­ansiers sal hul finansieri­ngsmodelle in die landbou moet aanpas by dié nuwe neiging.

Die ooreenkoms in toekomstig­e dryfkragte vir besigheid, ongeag die sektor waarin jy is, is nogal merkwaardi­g. Dit is waar dat onstabiele klimaatsto­estande ’n risiko in die landbou is. Dit is egter bekend en kan in ’n mate bestuur kan word. Die moderne boerdery is net so blootgeste­l aan groot dryfkragte en ons moet daarop ag slaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa