Landbouweekblad

Kommandowu­rms aan’t opmars in Namibië

- — CHARL VAN ROOYEN

DIE gevreesde herfskomma­ndowurm wat verlede somer groot skade aan mielies en ander gewasse aangerig het, het reeds sy opmars in die noorde van Namibië begin. Die eerste uitbreking van dié insekte is op ’n plaas by Ruacana aangemeld.

Mnr. Albertus Viljoen, bestuurder van die Namibiese staatsplaa­s Etunda, sê die wurms kom reeds in groot getalle op sy jong proefmieli­es voor. Herfskomma­ndowurms het verlede Oktober die eerste keer hul opwagting op die plaas gemaak. In Desember moes hy 30 ha mielies inploeg omdat hy weens die vreetskade geen mielies sou kon oes nie. Op ander lande waar hy die vorige seisoen 7,5 ton mielies/ha geoes het, het hy net 2 ton/ha afgehaal.

Hy probeer nou sy mielies met chemiese bespuiting­s red, maar omdat dit so ’n nuwe plaag is, weet niemand werklik wat om te doen nie.

Noodregist­rasies van insekdoder­s is verlede jaar in SuidAfrika gedoen, maar dit het nie veel hond haaraf gemaak nie. Die middels sal hierdie somer ook in Namibië beproef kan word.

HELIKOPTER­S INGESPAN

Viljoen sê die wurms het sedert verlede somer nooit die wyk geneem nie, maar het oorbeweeg na koring en ook op groente, soos patats, kool en tamaties, oorwinter. Indien die insek direk raakgespui­t word, vrek dit, maar die mot te lê hul eiers diep in byvoorbeel­d ’n mielieplan­t se kelk, waar dit beskut is en nie doodgemaak word nie.

Hy het sover net mielies geplant waarmee hy proewe doen, maar geen kommersiël­e aanplantin­gs nie omdat dit nie die moeite werd gaan wees nie. Viljoen gaan eerder grondbone plant. Op van die tien ander staatsplas­e word wisselende probleme ervaar.

Helikopter­s gaan ingespan word om die wurms te probeer uitwis omdat die gif die plante beter vanuit die lug kan binnedring.

Weeklikse bespuiting­s gaan moontlik nodig wees. Dit kos sowat R6 000 per hektaar elk, baie meer as die normale koste van R2 500 tot R3 000 per hektaar.

KOMMER OOR AFMETINGS

Mnr. Fanie Yssel, ’n landboukun­dige van Klein Karoo Saadbemark­ing wat die plaas saam met Landbouwee­kblad besoek het, sê hy is baie bekommerd oor watter afmetings die herfskomma­ndowurms hierdie somer kan aanneem. Die wurms is skaars uit die winterfase en rig reeds groot skade op Ruacana aan.

“Ons het nog min kennis van die plaag omdat dit nou eers vir die tweede seisoen in SuiderAfri­ka voorkom,” sê hy. In SuidAfrika het die wurms ook op sommige groentesoo­rte, soos aartappels, voorgekom, en selfs op pekanneutb­ome.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? ’n Kommandowu­rm op ’n mielieplan­t in Ruacana, Namibië.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN ’n Kommandowu­rm op ’n mielieplan­t in Ruacana, Namibië.
 ??  ?? REGS:
Só lyk die skade wat die herfs-kommandowu­rms reeds by Ruacana op jong mielies aanrig.
REGS: Só lyk die skade wat die herfs-kommandowu­rms reeds by Ruacana op jong mielies aanrig.
 ?? FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN ?? LINKS: Mnr. Albertus Viljoen (links) gesels in ’n proefblok mielies by Ruacana met mnre. Fanie Yssel (regs) en Wiekie Vogel van Klein Karoo Saadbemark­ing.
FOTO’S: CHARL VAN ROOYEN LINKS: Mnr. Albertus Viljoen (links) gesels in ’n proefblok mielies by Ruacana met mnre. Fanie Yssel (regs) en Wiekie Vogel van Klein Karoo Saadbemark­ing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa