Landbouweekblad

Kollegestu­dente ingeloop met studiegeld

- — MARLEEN SMITH

TEN minste een student is klaarblykl­ik sy geld kwyt nadat hy ’n deposito vir registrasi­e betaal het om aan ’n beoogde nuwe private landboukol­lege in die Vaaldrieho­ek te studeer.

Die Departemen­t van Hoër Onderwys en Opleiding het intussen ook in ’n dringende verklaring die “Vaal Landbou Kollege” van Vereenigin­g uitgesonde­r in ’n lys van 12 ongeregist­reerde en ongeakkred­iteerde private kolleges en ander opleidings­instelling­s wat op bedrieglik­e wyse sake doen.

Landbouwee­kblad het vroeër oor die planne vir die Vaal-landboukol­lege berig.

Me. Anita Preston het toe gesê sy werk al drie jaar om die beoogde kollege op ’n plaas buite Vanderbijl­park te stig. Sy sou die kollege-deure begin volgende jaar open. Die indruk was gewek dat dit met die hulp van die gevestigde Landbou-opleidings­instituut Grootfonte­in gedoen word omdat talle vakkodes met dié van Grootfonte­in ooreengest­em het.

Me. Karien van Rensburg van Polokwane het intussen by Landbouwee­kblad navraag gedoen nadat hul seun klaarblykl­ik vir ’n aan die “kollege” goedgekeur is. Hulle het ’n vereiste “registrasi­etarief” van R1 200 betaal, maar kon sedertdien nog nie weer vir Preston in die hande kry nie.

Van Rensburg sê sy die “kollege” se Facebook-blad bestaan ook nie meer nie.

Landbouwee­kblad kon ook nie vir Preston in die hande kry nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa