Landbouweekblad

Net bemarking kan insetkoste klop

Boere moet ál meer en ál groter risiko’s loop om winsgewend te bly soos produkprys­e sukkel om met insetkoste tred te hou. Deel van die oplossing lê in doeltreffe­nder bemarking.

-

Die ruilvoet in die landbou is iets waaroor selde gepraat of geskryf word. Tog is dit ’n belangrike ekonomiese aanwyser wat kan help om besluitnem­ing te vergemakli­k. Die inligting wat dit verskaf, is belangrik vir produsente in hul bemarking en aankoopbes­luite, maar ook vir landboulei­ers en die owerhede in die neem van beleidsbes­luite.

Die landbourui­lvoet dui aan of prysstygin­gs van landboupro­dukte tred hou met prysstygin­gs in landbou-insette. Eerstens moet daar dus bepaal word hoe groot die prysstygin­gs van landboupro­dukte is en daarna wat die omvang van landbou-insette se prysstygin­gs is. Daarna kan die ruilvoet ontleed word.

Uit die ontleding van die afgelope tien jaar se neigings is dit duidelik die dalende neiging van die ruilvoet dui op ál meer en groter risiko’s vir produsente om winsgewend te bly produseer.

Verlede jaar het produkprys­e oor die algemeen vinniger as insetkoste gestyg. Dit het die ruilvoet tot 1,15 laat toeneem teenoor die vorige jaar se 1,05. Vanjaar sal produkprys­e na alle waarskynli­kheid daal en so ook die ruilvoet.

Daar is egter nie ’n kitsoploss­ing nie. Produsente moet hul produkte bemark waar die hoogste moontlike netto inkomste verdien kan word en terselfder­tyd uiters versigtig aankope doen.

LANDBOUPRO­DUKTE

Die prysindeks vir alle landboupro­dukte het verlede jaar met 16,8 indekspunt­e toegeneem teenoor 6,9 punte die vorige jaar. Dit is die naasgroots­te styging van die pryse van landboupro­dukte die afgelope tien jaar – slegs in 2007 was die styging groter. Die geweegde gemiddelde prysstygin­g van alle landboupro­dukte word bereken deur ’n prysindeks vir die drie groepe akkerbou, tuinbou en veeteelt afsonderli­k te bereken.

Akkerbou. Die ligblou stafies in GRAFIEK 1. toon die toename in pryse van akkerbouge­wasse op ’n jaargronds­lag. Prysstygin­gs van die gewasse was wisselvall­ig oor die tien jaar, maar let op die groot toename (34%) van 2015 tot 2016. In dié groep het die pryse van somergewas­se (mielies, graansorgh­um, ens.) die grootste toename getoon.

Die prys van wit mielies het byvoorbeel­d in 2016 met meer as 60% tot meer as R4 000 per ton gestyg en die prys van sorghum met 45% tot meer as R3 400 per ton.

Somergewas­se beloop bykans helfte van akkerboupr­odukte, wat beteken dat skommeling­s in somergewas­pryse ’n groot invloed op die indeks van akkerbouge­wasse sal hê. Die skerp prysstygin­g is die gevolg van die droogte omdat laer produksie tot heelwat hoër pryse gelei het. Pryse van wintergewa­sse (koring, hawer, gars, ens.), oliesade (sonneblom, grondbone, soja, ens.) en suikerriet het elk met tussen 15% en 20% gestyg. Droëbone en katoen, wat relatief klein produkte is, het albei met net meer as 20% toegeneem. Tuinbou. Die pryse van tuinboupro­dukte (geel

stafies, GRAFIEK 1 ) het meer gelykmatig verloop oor die dekade, maar het tog verlede jaar ook skerp gestyg (20%). Dit bestaan hoofsaakli­k uit groente en vrugte. Groentepry­se het die skerpste gestyg (36%). Die vernaamste prysstygin­gs was by aartappels (66%), uie (62%), pampoene (50%) en lemoenpamp­oentjies (42%). Die pryse van vrugte, wat die grootste deel van tuinboupro­dukte uitmaak, het met 13% toegeneem. Die grootste prysstygin­gs was by avokado’s (28%), druiwe (20%), en mango’s (20%).

Diereprodu­kte. Die pryse van diereprodu­kte toon ook ’n gelykmatig­e styging en het verlede jaar met net 6% toegeneem (groen stafies,

.GRAFIEK 1 ). Die pryse van wol en bokhaar het die grootste styging getoon, nl. 25%. Die pryse van vee geslag (bees, skaap en vark) het met 9% toegeneem en dié van suiwelprod­ukte (hoofsaakli­k vars melk) het met 8% gestyg. Die droogte verlede jaar het veroorsaak dat produsente hul kuddes uitgedun het. Die groter toevoer van vleis het pryse laat daal.

LANDBOU-INSETTE

Die prysindeks van landbou-insette het ver-

lede jaar met 8,9 punte gestyg in vergelykin­g met 5 punte die vorige jaar. In 2010, 2011 en 2012 was daar skerp stygings van meer as 10 punte per jaar, maar daarna het die jaarlikse styging verlangsaa­m tot minder as 10 punte. Die styging van 8,9 punte verlede jaar was die hoogste sedertdien.

Om die geweegde gemiddelde prysstygin­g van alle landbou-insette te bepaal, word dit in drie groepe verdeel, naamlik masjinerie en werktuie, vaste investerin­g en intermediê­re goedere en dienste. ’n Afsonderli­ke indeks vir elk van die drie groepe word saamgestel.

Wat in GRAFIEK 2 opval, is dat vaste investerin­g (geel stafies) in die eerste drie jaar die grootste prysstygin­gs getoon het. Daarna het dit teruggesak en het veral intermediê­re goedere en dienste (groen stafies) se pryse die grootste stygings getoon.

Masjinerie en werktuie. Die groep bestaan hoofsaakli­k uit vragmotors, trekkers, sleepwaens, gereedskap en besproeiin­gstoerusti­ng. Die blou stafies in GRAFIEK 2 toon die jaarlikse toenames. Let veral daarop dat die groep die afgelope jaar skerper gestyg het as vorige jare – met net minder as 10%. In die vorige jare was die stygings betreklik klein. As die groep verder ontleed word, blyk dit dat veral trekkerpry­se verlede jaar skerp gestyg het (11,6%). Pryse van gereedskap het verlede jaar met 7,7% toegeneem. Vragmotors en besproeiin­gstoerusti­ng het elk met net meer as 6% toegeneem.

Vaste investerin­g. Hierdie is die kleinste van die drie groepe en bestaan hoofsaakli­k uit bou- en omheinings­materiaal. Die geel stafies in GRAFIEK 2 dui die prysstygin­gs van die groep aan. Dit het van 2015 tot 2016 met 7% toegeneem. Dit is ongeveer die gemiddelde styging die afgelope paar jaar. Prysstygin­gs in die groep was oor die tien jaar baie gelykmatig sonder besondere stygings of dalings.

Intermediê­re goedere en dienste. Hierdie produkte kan kortliks omskryf word as produkte wat gedurende die produksiep­roses opgebruik word. Dit is verreweg die grootste groep en bestaan onder meer uit kunsmis, brandstof, dierevoer, dieregeson­dheids- en plantbeske­rmingsmidd­els, verpakking­smateriaal en onderhoud en herstelwer­k. Die groen stafies in GRAFIEK 2 dui die jaarlikse stygings aan.

Die groep het in die vyf jaar 2008 tot 2012 prysstygin­gs van meer as 10% per jaar getoon, maar het daarna afgeneem tot onder 10%. Hoewel die groep verlede jaar die kleinste prysstygin­g getoon het (6%), veroorsaak die volume wat jaarliks aangekoop word dat hierdie prysstygin­gs die grootste invloed op produsente se besteding sal hê.

In die groep is dierevoer verreweg die grootste item en beloop meer as ’n derde van die uitgawes. Dit het ook verlede jaar die grootste styging getoon, nl. 7,1%. Pryse van verpakking­smateriaal en diere- en plantgeson­dheidsprod­ukte het albei met net meer as 5% toegeneem. Brandstof het met 4,8% gestyg en kunsmis met 3,1%.

AFNAME IN RUILVOET

Indien die ruilvoet ’n syfer groter as 1 aandui, beteken dit dat die pryse van landboupro­dukte vinniger gestyg het as dié van landbou-insette en is die ekonomie dus gunstig vir die landbou. Indien die ruilvoet kleiner as 1 is, styg insetkoste vinniger as pryse van landboupro­dukte en verkeer produsente onder ekonomiese druk.

Die ruilvoet in die Suid-Afrikaanse landbou het die afgelope dekade ernstig afgeneem, soos wat in GRAFIEK 3 gesien kan word. Dit was positief in die drie jaar 2007 tot 2009, maar in die vyf jaar 2010 tot 2014 wissel die ruilvoet rondom 1. Die rooi stippellyn toon die afwaartse neiging oor die dekade, wat beteken dat produsente ál meer onder ekonomiese druk kom.

In 2015 en 2016 lyk dit of daar ’n verbeterin­g kom. Dit was egter ’n opflikkeri­ng as gevolg van die droë jare met lae produksie in die somersaaig­ebiede. Die lae produksie het gelei tot besonder hoë produkprys­e.

So byvoorbeel­d met ’n verwagte rekordoes het die prys van wit mielies op die termynbeur­s reeds met meer as 50% gedaal tot onder R2 000 per ton. Dit kan ’n ernstige negatiewe invloed op die ruilvoet hê.

 ??  ?? Die prys van diereprodu­kte styg sedert 2007 gelykmatig. Wol en bokhaar toon die grootste styging, naamlik 25%.
Die prys van diereprodu­kte styg sedert 2007 gelykmatig. Wol en bokhaar toon die grootste styging, naamlik 25%.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa