Landbouweekblad

Hael, brande:

-

Miljoene se verliese

TERWYL boere in Mpumalanga onder hael so groot as gholfballe deurgeloop het, probeer boere in die OosKaap nog tot verhaal kom ná verwoesten­de brandskade daar.

“Ons het nog nooit in die geskiedeni­s hael in September in Hoedspruit gekry nie,” het mnr. Fanie van Dyk, landboukon­sultant en boer, gesê nadat sowat 250 ha se mango’s in sy omgewing in die slag gebly het. Hy sê die skade wissel van 40% tot 90% van oes.

“Die skade is darem nie só katastrofi­es soos twee jaar gelede, toe hael byna die hele mango-oes in die gebied vernietig het nie.”

Hy kon nie sê wat die impak op die gebied se sitrusoes was nie. Haelkorrel­s so groot soos gholfballe het baie bome erg beskadig.

Intussen wag boere van Lady Grey en Barkly-Oos (waar meer as 42 000 ha weiding in brande verwoes is) desperaat op reën. Mnr. Lawrence Maduna, voorsitter van die Oos-Kaapse kommunale wolkwekers­vereniging en veeboer van Lady Grey, het ’n derde van sy plaas se weiding verloor. Hy sê in sy omgewing het hulle nog geen hulp ontvang nie. “Kom wat wil, ek moet aanhou boer om vir my familie te voorsien,” sê hy.

Minstens 191 skape en 8 beeste het by Barkly-Oos doodgebran­d. Mnr. Gideon Greyvenste­in, raadslid van Agri Oos-Kaap, sê alles is redelik onder beheer daar en voerskenki­ngs is volop. — JASPER RAATS en

LISA LOTTERING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa