Landbouweekblad

Grond: Staat moet markwaarde betaal, sê hof

- — CARIEN KRUGER

DIE Appèlhof in Bloemfonte­in het ’n omstrede Grondeise hof-beslissing, wat die vergoeding swaarde van ’n stuk landbougro­nd van R1,8 miljoen tot R1,5 miljoen verminder het, omgekeer.

Die besluit van die Grondeiseh­of om die bedrag te verminder selfs al het die staat en die eienaar ooreengeko­m dat die grond se landbouwaa­rde R1,8 miljoen was, het verlede jaar tot groot konsternas­ie in landbougel­edere gelei.

Agri SA, wat as vriend tot die hof vir die appèlsaak toegelaat is, sê die uitspraak bevestig dat markwaarde die vertrekpun­t behoort te wees in die berekening van regverdige en billike vergoeding.

“Die Appèlhof het dit nou duidelik gemaak dat geen arbitrêre aftrekking­s gemaak kan word bloot omdat die grond vir grondhervo­rming s doeleindes onteien word nie,” sê mnr. Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se grondkomit­ee.

Die Dee Cee-trust, eienaar van die grond naby Middelburg in Mpumalanga, het die Appèlhof oor twee kwessies genader: die verminderi­ng van die landbouwaa­rde, en die feit dat die landbouwaa­rde gebruik word, pleks van die potensiële residensië­le ontwikkeli­ng swaarde van R4,36 miljoen.

Die appèl oor laasgenoem­de was onsuksesvo­l.

VERTRAGING

Mnre. Johan en Dirk Uys, boere en trustees van die trust, het die plaas van sowat 352 ha in 1999 teen R400 000 gekoop het. Die Msiza-familie het in 1996 ’n grondeis daarop ingedien en sowat 45 ha is in 2004 aan hulle toegeken.

Die staat en die trust kon jare lank nie oor ’n prys ooreenkom nie, waarop mnr. Msindo Phillemon Msiza, wie se oupa sedert 1936 as huurarbeid­er op die plaas gewoon het, die hof genader het.

Die Grondeiseh­of het verlede jaar beslis die staat moet die trust R1,5 miljoen vir die grond betaal.

Een van die redes vir die verminderi­ng was dat die doelwit grondhervo­rming is.

Regter Colin Lamont sê egter in sy uitspraak die kundige wat die grond namens die staat waardeer het, het wel die Msiza-grondeis in berekening gebring. Die hof het bevind die verminderi­ng in waarde was arbitrêr en het nie op feite berus nie.

UIT DIE LUG

Pringle sê sekerheid oor die kwessie van vergoeding is van kritieke belang vir die sektor en vir alle Suid-Afrikaners met ’n belang by voedselsek­erheid.

Dit verteenwoo­rdig volgens hom “nie ’n totale verwerping van die markgegron­de benadering tot vergoeding waar grondhervo­rming ter sprake is nie.

“Dit bied bloot groter buigbaarhe­id wanneer regverdige en billike vergoeding bepaal word.”

Die Regshulpse­ntrum, wat namens Msiza opgetree het, sê in reaksie op die uitspraak die hof het net gedeelteli­k gekyk na die kwessie of daar, wanneer dit oor billike en regverdige vergoeding vir grondhervo­rming gaan, aftrekking­s van die markwaarde kan wees, en tot watter mate.

Me. Annelize Crosby, hoof van landbou-ontwikkeli­ng by Agri SA, sê die howe kan slegs faktore beoordeel wat voor hulle geplaas word. In die Msiza-saak voor die Grondeiseh­of is geen faktore waarvoor “spesifieke en gekwantifi­seerde aftrekking­s gedoen sou kon word” voor die hof geplaas nie.

“Die Grondeiseh­of het uit eie beweging ’n syfer uit die lug gegryp en besluit dat R300 000 afgetrek kan word omdat die grond vir grondhervo­rming aangekoop is. Die Appèlhof het dit baie duidelik gemaak dat so ’n lukrake benadering onaanvaarb­aar is.”

Sy voeg by daar sal sekerlik nog heelwat sake oor regverdige en billike vergoeding voor die howe kom. Elke saak se feite sal uniek wees en sal op eie meriete beoordeel moet word.

Mnr. Danie Schutte, die Uyse se regsvertee­nwoordiger, sê hulle is bly die afwaartse aanpassing is omgekeer, maar teleurgest­eld dat die potensiële ontwikkeli­ng swaarde nie i nag geneem is nie, veral nadat die plaaslike owerheid verlede jaar ’n buurplaas vir net meer as R59 000/ha gekoop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa