Landbouweekblad

Boerekos 11 ’n viering van ons koskultuur

-

In hierdie afdeling het ons gaan oplees oor waar van ons tradisione­le boerekosgu­nstelinge hul ontstaan gehad het.

Slinger-om-die-smoel

Meel-en-melkspyse, soos frummelpap, melksnysel­s en kluitjies, word sedert die Hollanders se koms na die Kaap geëet. Anders as melkkos (waar die meelmengse­l in die kokende melk gefrummel word), word melksnysel­s gemaak van deeg wat jy dun uitrol, in stukkies sny en dan in melk kook. As jy die deeg oprol voordat dit gesny word, maak dit langer snysels, wat dit moeiliker maak om te eet en ’n geslurp kan afgee (dink maar aan lintnoedel­s of spaghetti). Vandaar die naam “slinger-om-die-smoel”. Die geheim van ’n perfekte slinger-om-die-smoel? ’n Baie skerp mes. Jy moet met een vinnige haal dwarsdeur die rolletjie deeg sny. As die mes stomp is, druk jy die deeg plat.

3 eiers 375 ml koekmeel 5 ml sout Water om mee aan te maak 1,25 liter melk (meer indien nodig) 2 stukke pypkaneel

Klits die eiers. Sif die meel en sout by en meng goed. Voeg net genoeg water by om ’n stywe deeg te vorm. Knie die deeg tot dit elasties is. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak in ’n reghoekige vorm dun uit. Strooi ’n bietjie meel oor die uitgerolde deeg. Rol die deeg van die een kant af op en sny dit met ’n baie skerp mes in dun repies. Strooi ’n bietjie meel oor die snysels.

Verhit die melk waarby die twee stukke pypkaneel gevoeg is. Sodra die melk kook, word die snysels geleidelik daarin gegooi. Roer met ’n vurk sodat die snysels nie aan mekaar vasklou nie.Werk liggies; jy wil nie ’n pappery in die kastrol maak nie. Laat stadig kook vir 20-25 minute. Skep op in groot sopborde en sit voor met kaneelsuik­er en ’n klont botter as jy hou van oordaad. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa