Landbouweekblad

MIELIEMOLE­S

- — CHRIS BURGESS

Die goeie nuus is dat die reënvoorui­tsigte vir die somerreëns­treke in dié vroeë stadium darem skaflik lyk. Daar is darem niks soos ’n reënbui, hoe skaam ook al, om die gemoedere te lig nie. Ons in die suide, waar die reëntyd nou verby is, maar die damme nog leeg is, sal maar by pelle in die Vrystaat moet gaan kuier om nat grond te ruik. ’n Aanvaarbar­e somer is minstens goeie nuus vir veeboere. Die mate waarin diere ’n saaiery kan stabilisee­r, word sekerlik opnuut waardeer.

Dit is egter die besluit oor wat om te plant wat ’n bietjie voel soos dit wat op Nuweland vir die Springbokk­e teen die All Blacks voorlê (ek skryf dié rubriek twee dae voor die wedstryd). Die gapings gaan min wees en die kans om die doellyn oor te steek, is allesbehal­we ’n gegewe.

Die wêreld is toegegooi onder die mielies en met soveel boere met oop posisies op die mark bly Suid-Afrikaanse mielies spotgoedko­op. Dit is egter nie goedkoop genoeg vir uitvoer nie! Ons vrotsige prys moet met nóg ’n paar honderd rand vrotter word voor ons mielies mededingen­d sal wees op ’n oorvol uitvoermar­k. Dít is hoe verregaand­e die situasie is.

Ná die verwoestin­g van goedkoop ingevoerde hoendervle­is en voëlgriep is die vraag na grane en oliesade vanuit die pluimveebe­dryf nou 15% kleiner. Alles in ag genome lyk dit of ons vanjaar ongeveer 40% minder mielies moet plant om vraag en aanbod weer in balans te bring. Dit is ’n aardige hoeveelhei­d grond wat nie beplant gaan word nie.

Kyk ons na Graan SA en die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) se syfers, is dit eintlik net by sojabone waar daar nog gunstige beweegruim­te is. As Suid-Afrika se verhoogde persvermoë­ns ten volle benut word, kan die bedryf met 30% tot 40% uitbrei. Die probleem is natuurlik dat ons soja nog nie so lekker soos mielies verstaan nie. Ons plant immers al geslagte lank mielies. Soos ’n boer vir my gesê het: “Die probleem met soja is dis ’n six of ’n nix, en ’n mens weet nie aldag hoekom nie.”

Dit lyk egter of die nuwe Argentynse kultivars darem ’n bietjie opbrengsst­abilitiet bring. ’n Mens hoor ook van Monsanto se nuwe geslag sojakultiv­ars wat hopelik op pad is, maar dit hang alles af of die Regering die teling en tegnologie­heffing gaan goedkeur.

Wat mielies betref, kan ’n mens egter nie anders as om tot die nare gevolgtrek­king te kom dat daar deesdae van boere verwag word om winsgewend teen uitvoerpar­iteitsprys­e te boer nie. Nóg groter doeltreffe­ndheid kan seker uit ’n reeds baie doeltreffe­nde mielieprod­uksiestels­el gewurg word. Dit behels alles van die toenemende verfyning van presisiebo­erdery tot die oordeelkun­diger toepassing van bewaringsb­ewerking.

Ons kan seker meer obsessief raak oor grondgeson­dheid. Soos ons dan toenemend beter verstaan wat onder die grond aangaan, kan ons die natuurlike prosesse wat vir ons geld kan bespaar, beter inspan. Die groter gebruik van dekgewasse of die impak wat die oordeelkun­dige insluiting van vee in groot saaiboerde­ry op grondgeson­dheid kan hê, is alles moontlike oorwegings.

En dít is seker waar die ligpunt in die taamlik droewige mieliepren­tjie lê. Die werklike planne moet in die taai tye gemaak word, want dan word die somme al hoe fyner. Daarna kom die klein deurbrake, en dan die grotes. Teen die tyd wat u hier lees, sal ons weet of die Springbokk­e dit ook reggekry het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa