Landbouweekblad

GROND IS BATE VIR STAATSKAS

-

Die berig “Gronddebat: ‘Boere te vinnig beskuldig’ ” (Landbou.

com, 27 September) het betrekking.

Oudministe­r Roelf Meyer het twee stellings gemaak, naamlik dat ons ons nie moet blind staar teen titelaktes nie, want hy ken talle groot boere wat op gehuurde grond boer, en tweedens dat grond aan drie vereistes moet voldoen. Hierdie vereistes is dat dit ’n bydrae tot die bruto binnelands­e produk moet lewer, werk moet skep en produktief moet wees.

Ek wil graag hierop repliek lewer en ook ’n stelling waag.

Wat betref die groot boere waarvan Meyer praat, besit hulle nie dalk reeds grond met titelaktes wat dien as sekuriteit sodat hulle werktuie en trekkers kan koop en nog grond kan huur nie?

Die staat is die grootste grondeiena­ar. Voldoen dié grond aan Meyer se drie vereistes?

Die grond wat aan die staat behoort, dien as ’n bate op die balansstaa­t. Dit is juis hoekom dit nie aan opkomende boere oorgedra kan word nie, want dan is daardie bate van die balansstaa­t verwyder en sal die staat baie dieper in die rooi wees as wat hy tans is.

Om op te som, die Regering laat vrugbare grond onbewerk lê sodat hy toegang kan hê tot buitelands­e lenings. Dit vind plaas ten koste van opkomende boere, kommersiël­e boere, die landbou en Suid-Afrikaanse burgers as geheel. PIERRE VAN EEDEN Dié brief het oorspronkl­ik op Landbou.com verskyn — Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa