Landbouweekblad

SAID ‘WEET NIE WAT OP PLASE AANGAAN NIE’

-

Die berig “Boere stamp steeds koppe met SAID” (Landbou.

com, 20 September) het betrekking.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) se amptenare en/of konsultant­e het geen idee wat op ’n plaas aangaan nie. Dit is nie die boere wat hulle nie van genoeg inligting voorsien nie. Daarom bly hulle vrae vra.

Iemand van die SAID het gesê boere moet op hoogte bly van

wetgewing of vereistes wat dalk verander. Wat van die SAID?

Dalk moet hy op hoogte kom van wat op ’n plaas aangaan. Hy speel vir tyd. Ek kan uit ondervindi­ng praat.

Hoekom wil hy nie my bakkies se dieselraba­t toestaan nie? Ek kan nie vee gaan voer of ander take met die bakkies uitvoer nie.

Plain moedswilli­g. JOHAN Dié brief en die onderstaan­de briewe oor die onderwerp het oorspronkl­ik op Landbou.com verskyn. — Red.

HARDUS AUGUSTYN skryf:

Daar is volgens my ’n probleem met die logboekste­lsel. Selfs al word volledig aantekenin­ge gehou om die verbruik te bepaal, neem die SAID net 80% van die verbruik in ag. Waarom is hy dan so puntenerig oor die aantekenin­ge as hy reeds ’n toelating vir foute het.

JOS CLOETE skryf:

Eerstens is dit nie die rabat wat ons terugeis nie, dit is onregverdi­ge betalings vir die padboufond­s wat boere moet terugkry. Op die plaas ry ons op ons eie paaie en werk ons in ons eie lande.

Met ons kontantvlo­ei wat meestal reeds onder druk is, betaal ons onregverdi­g sowat 25% te veel vir ons diesel. Ons behoort ons diesel by die koöperasie teen 75% van die prys te kan koop. Groot gebruikers kan in elk geval nie 20% uitry vir private doeleindes nie.

Ons landboulei­ers moet standpunt inneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa