Landbouweekblad

Wêreld eet ál meer hoender

- — CARIEN KRUGER

Die wêreldvraa­g na hoendervle­is het die afgelope 20 jaar met 91% gegroei. Dit is gemiddeld 3,5% per jaar, sê mnr. Jim Sumner, voorsitter van die Amerikaans­e raad vir die uitvoer van hoendervle­is en eiers (USAPEEC).

Hy het op besoek aan Suid-Afrika aan joernalist­e gesê die vraag gaan na verwagting in die volgende tien jaar met 30% groei. Dit is danksy bevolkings­groei, asook die verbruik per kop van hoendervle­is.

Veral danksy verbruik in China is varkvleis tans die soort vleis waarvan wêreldwyd die meeste geëet word, maar Sumner sê hoendervle­is kan varkvleis tussen 2020 en 2030 verbysteek.

Die wêreld se grootste braaihoend­er produsente is, in volgorde, Amerika, Brasilië, China en die Europese Unie (EU). Die grootste uitvoerder­s van hoendervle­is is Brasilië, Amerika en die EU.

Brasilië en Amerika is verantwoor­delik vir sowat twee derdes van die wêreld se braaihoend­er-uitvoer.

Amerika het verlede jaar en tot dusver vanjaar sowat 17% van sy produksie uitgevoer.

Die grootste invoerders van hoendervle­is is Japan, Hongkong, Mexiko, China, SuidAfrika en die EU.

Amerikaner­s eet die meeste hoendervle­is per jaar, naamlik 46,8 kg per persoon, waarna Argentyne, Brasiliane, SuidAfrika­ners en Mexikane volg.

Suid-Afrikaners eet gemiddeld 33 kg hoendervle­is per persoon per jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa