Landbouweekblad

VOORRAAD NÉT GENOEG VIR 41 DAE

- — NICO VAN BURICK

WEENS die laer as verwagte koringinvo­er in September gaan Suid-Afrika die nuwe bemarkings­jaar van 1 Oktober af binne met net genoeg koring vir 41 dae se verbruik.

Dié 359 000 ton koring is minder as die gewenste oordragvoo­rraad van ses weke se verbruik. Daarby is die plaaslike koringoes weens die droogte ook laat.

In die laaste week van die bemarkings­jaar wat op 29 September geëindig het, is 24 074 ton koring van Roemenië en die Oekraïne ingevoer wat die totale invoer vir die bemarkings­jaar op 930 728 ton te staan gebring het.

Mnr. Luan van der Walt, ekonoom by Graan SA, sê die vraag is hoeveel koring nog na Suid-Afrika op pad is. “Daar is aanvanklik geraam dat 370 000 ton in September ingevoer sou word. Dit was toe eindelik 130 000 ton. Daar kan nog heelwat koring in en selfs November ingevoer word wat die voorraadvl­akke sal laat styg. Daardie invoer sal dan net in die nuwe bemarkings­jaar se syfers wys.”

JONGSTE SKATTING

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbousak­ekamer Agbiz, sê 2016-’17 se invoer was die laagste in tien jaar. Hy skryf dit toe aan ’n goeie plaaslike oes verlede jaar.

Volgens die Oesskattin­gskomitees e jongste skatting staan die plaaslike oes op 1,7 miljoen ton. Dit is hoër as die eerste skattings se 1,6 miljoen ton – hoofsaakli­k vanweë opwaartse aanpassing­s vir die Vrystaat en die Noord-Kaap.

Mnr. Corné Louw, senior ekonoom van bedryfsdie­nste by Graan SA, sê hoewel Graan SA werk ingevolge die komitee se amptelike syfers, is daar talle Wes-Kaapse boere wat glo hul oeste gaan laer wees.

Graan SA beraam die opbrengs potensiaal in die Swartland op sowat 40% van die gemiddelde met selfs minder of geen oes in sekere dele nie.

NÓG LAER?

“In die Oos-Vrystaat lyk die koring goed, veral met reën wat nou val, maar die koring is nog baie jonk,” sê Louw.

Sihlobo meen ook dat die oesskattin­g in die komende maande verlaag kan word. “Selfs onder die verwagting van ’n oes van 1,7 miljoen ton, sal die invoer steeds met ongeveer 77% tot 1,65 miljoen ton in die bemarkings­jaar 2017-’18 moet toeneem.”

Al is Suid-Afrika ’n netto invoerder, voer hy ook na buurlande uit. Altesame 92 800 ton is in die afgelope bemarkings­jaar uitgevoer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa