Landbouweekblad

MINDER VERKOPE ÉN KLEINER PRYSSTYGIN­GS

- — CARIEN KRUGER

VERBRUIKER­S het in die twaalf maande tot Junie vanjaar minder van sekere melkproduk­te gekoop.

Mnr. Al wyn Kraam winkel, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Melk prosesseer­der s organisasi­e( S amp r o ), sê in die organisasi­e se jongste verslag oor markaandui­ders nie net die vraag na dié suiwelprod­ukte het gedaal nie, maar ook na ander algemeen verbruikte voedselpro­dukte.

Dit sluit in kitsgraank­osse, rys, margarien, tee en sappe met ’n kort raklewe.

Kraamwinke­l skryf die afwaartse druk op verbruiker­svraag aan swak ekonomiese groei en hoë vlakke van politiek een beleid sonsekerhe­id toe.

Tesame met die swakker verbruiker­svraag het kleinhande­lpryse ook stadiger gestyg. In die twaalf maande tot Junie het die kleinhande­lpryse van vars melk en langleweme­lk onderskeid­elik met 4,8% en 0,3% gestyg. Meer onlangse syfers toon verder dat die kleinhande­lprys van vars melk van Maart tot Junie vanjaar gedaal het.

INVOER

Wat langleweme­lk betref, waarvan groot hoeveelhed­e vanjaar ingevoer is weens vrese vir ’n tekort in die winter, het kleinhande­lverkope in die twaalf maande tot Junie gedaal, maar wel in die ses maande tot Junie gestyg.

Verkope was in dié ses maande 5,3% hoër as in die eerste halfjaar van verlede jaar.

In Junie alleen was die verkope van vars melk 6,2% laer as in Junie 2016, maar dié van langleweme­lk 15,4% hoër.

Kraamwinke­l sê invoer word beïnvloed deur internasio­nale pryse, die wisselkoer­s en verwagting­e oor plaaslike produksie van onverwerkt­e melk en suiwelprod­ukte in die onmiddelli­ke toekoms.

Luidens die Melkprodus­ente organisasi­e( MP O) se September verslag oor markneigin­gs het die hoër invoer en laer uitvoer van suiwelprod­ukte vanjaar (in melkekwiva­lent) tot netto invoer van 39 miljoen liter gelei.

Melkekwiva­lent is die geraamde hoeveelhei­d melk wat nodig is om produkte te vervaardig.

Daar word verwag dat 99 252 ton suiwelprod­ukte vanjaar ingevoer word teenoor 67 145 ton verlede jaar.

Dr. Koos Coetzee, MPO-ekonoom, skryf in die MPO-verslag plaaslike produksie was in die eerste agt maande van vanjaar slegs 1% hoër as in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar.

Produksie het wel in Julie en Augustus opgetel. In Augustus was produksie 5,9% hoër as in die ooreenstem­mende maand verlede jaar. Boere se gemiddelde prys vanjaar het op sowat R4,70/liter begin en tot sowat R5/liter in September gestyg. Verlede jaar het die prys op sowat R4,25/liter begin en was dit vanaf Augustus tot die einde van die jaar sowat R4,70/liter.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa