Landbouweekblad

DROOGTE SLURP TOT 40% VAN BESPROEIIN­GSWATER

- — ALANI JANEKE

BOERE in die drie tafel druif produseren­de streke in die Wes-Kaap het tot 40% minder water vir besproeiin­g vir dié seisoen.

Een van die metodes waarvolgen­s tafeldruif­boere gaan probeer om die bedryf deur die droogte te dra, is om spesifiek te konsentree­r op dié wingerde wat goeie opbrengste lewer.

Die Suid-Afrikaanse Tafel druifprodu­senteveren­iging( Sati) sê in ’n verklaring dat die bedryf ten spyte van die droogte ’n oes van 57,9 miljoen kartonhoue­rs, die jaarlikse gemiddelde produksie in die afgelope vyf jaar aangeteken is, verwag.

Hoewel produksie in die Berg-, die Olifants- en die Hexrivierv­allei ernstig beïnvloed sal word, sal die droogte die nasionale produksie in ’n mindere mate raak.

Dié verwagting is gegrond op die diverse klimaat waarbinne die bedryf produseer, die toename in aanplantin­gs, die voortduren­de toename in gebruik van hoëproduks­ie-kultivars, asook die veerkragti­gheid en aanpasbaar­heid van tafeldruif­boere.

Mnr. Joseph Lombardt, bestuurder van inligting en kennisbest­uur by Sati, sê volgens plaaslike munisipali­teite het boere van die Berg-, die H ex-en die Olifantsri­viervallei tot 40% minder water vir besproeiin­g beskikbaar die seisoen.

PRAKTIESE RAAD

Lombardt sê boere ondersoek tans verskeie planne om die probleme te bowe te kom. “Een van die planne wat beraam word, is om eerder klem te lê op dié wingerde wat goed produseer en om minder aandag te gee aan wingerde met laer produksie.”

As deel van Sati se strategie om boere by te staan, is werksessie­s met praktiese raad einde verlede maan dindi e drie streke aangebied. Die Landbou navorsings­raad en die Wes-Kaap se departemen­t van landbou het op die sessies inligting oor die beste praktyke en praktiese raad oor optimale watergebru­ik aan boere gegee. Die Departemen­t van Waterwese en Sanitasie het inligting oor die stand van damme en die planne om die oorblywend­e water te bestuur, gegee.

“Ons as ’n bedryf is bekommerd oor die voortslepe­nde droogte in die Wes-Kaap. As ’n bedryf besef ons Suid-Afrika is ’n land met min water en derhalwe het almal ’n verantwoor­delikheid om water wys te gebruik,” sê mnr. Michael Laubscher, voorsitter van Sati.

SKATTING LATER

Sati maak gewoonlik einde Oktober elke jaar sy eerste oesskattin­g vir die spesifieke seisoen bekend, veral met die vroeë produksies­treke wat dan al begin oes het. Weens die droogte sal ’n deeglike oesskattin­g eers begin November beskikbaar wees.

Ondanks die droogte sal Suid-Afrika se tafeldruif­boere in die komende seisoen steeds uitvoerdru­iwe van goeie gehalte lewer. Mnr. Willem Bestbier, hoofuitvoe­rende beampte van Sati, sê hulle is voortduren­d in kontak met die provinsial­e regering aangesien die bedryf baie kwesbaar is omdat boere op besproeiin­g aangewese is.

“Die bedryf lewer ook ’n groot bydrae tot werkskeppi­ng en die ekonomie van die Wes-Kaap.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa