Landbouweekblad

KOM STEEK KERS OP BY DIE KENNERS

- — LISA LOTTERING

TE midde van pogings deur die rooivleisb­edryf om ter wille van winsgewend­heid ál meer te beweeg na die produksie van ’n hoëwaardep­roduk, kan boere nie meer bekostig om nuwe neigings in produksie- en bestuurste­gnieke te ignoreer nie.

Dít is waar geleenthed­e, soos Agri Expo Livestock se Vleisbees-inligtings­dag, waarde tot enige boer se ondernemin­g kan toevoeg, meen mnr. Nico Groenewald, hoof van Standard Bank se landbou-afdeling. Hy is een van die sprekers op dié geleenthei­d, wat op Vrydag 13 Oktober op Sandringha­m buite Stellenbos­ch aangebied word.

“Die omstandigh­ede in die landbou en die breër ekonomie maak dit noodsaakli­k dat boere bewus moet wees van moontlike risiko’s en geleenthed­e,” sê hy.

Groenewald begin die dag se verrigting­e om 09:15 met ’n praatjie oor die finansiële bestuur van ’n boerdery. Daarna volg die deurwinter­de veearts en Landbouwee­kblad-medewerker dr. Faffa Malan se bydrae, “Wat vleisbeesb­oere moet weet in ’n droogte”. Malan sal ook tydens die geleenthei­d by Landbouwee­kblad se stalletjie wees om boere se vrae te beantwoord.

Mnr. Gerhard Sc hutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, sal oor die nuutste rooivleis neigings praat, en mnr. Jac o Smit, besturende direkteur van die diere genetika maatskappy Taurus Evolution, sal vertel hoe om grootkampi­oene uit ’n klein kudde te teel. Die verrigting­e word afgesluit deur dr. Gillian Declerq, ’n staatsveea­rts van Gauteng, wat gaan praat oor boererate en hoe dit jou boerdery in tye van nood kan help.

Mnr. Breyton Milford, bedryfsbes­tuur derby Agri Expo, sê veral vleisbeesb­oere moet soveel inligting moontlik insamel sodat hulle ’n speenkalf vroeër kan lewer en diere met ’n beter bouvorm kan teel.

Toegang tot die inligtings­dag is gratis.

 ??  ?? Mnr. Nico Groenewald
Mnr. Nico Groenewald
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa