Landbouweekblad

Terug na die heimat

Vanjaar se Opkomende Teler van die Jaar raak nie net oor boerdery opgewonde nie. Hy dien ook in verskeie direksies.

-

Mnr. Nkomsentu Nika van Tarkastad is vanjaar se Pick n Pay en Rudd Products se Opkomende Teler van die Jaar. Hy het op ’n plaas in die distrik grootgewor­d. Nadat hy in 1981 die graad B.Com. aan die Universite­it van Fort Hare verwerf het, het hy in Johannesbu­rg, Umtata en Londen gewerk. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het Nkomsentu ’n finansiële direkteur van Petro SA geword.

Toe het hy teruggekee­r na waar hy grootgewor­d het en die plaas Fairfields van 1 982 ha by Tarkastad gekoop. Die plaas het ’n drakrag van 7 ha per grootvee-eenheid en het 14 ha onder besproeiin­g, terwyl hy ook 11 ha aartappels aanplant.

BRANGUS

Nkomsentu besit ’n Brangussto­etery en kommersiël­e koeie.

Sy dektyd vir verse begin op 15 November. Van 1 Desember loop die koeie by die bulle tot die dektyd einde Februarie eindig. Hy gebruik bulle van dr. Morné Verster en mnr. Barry King, wat as mentors vir hom optree.

Hy konsentree­r op hoogs vrugbare, vroulike koeie en lang bulle. Gevolglik het sy kudde ’n tussenkalf­periode van minder as 400 dae. Prestasiet­oetsing word in die kudde gedoen.

Kalwers word op ses maande gespeen. Verlede jaar was die gemiddelde speengewig van bulkalwers 220 kg en verskalwer­s het gemiddeld 180 kg geweeg.

Wanneer hy vervanging­sverse selekteer, word diere verkoop wat nie aan die rasstandaa­rde voldoen nie. Die verse wat agterbly, word in die berge groot, waar hulle net ’n basiese proteïenle­k in die winter en ’n fosfaatlek in die somer kry. Hulle word op twee jaar gedek. Die dragtighei­dsyfer beloop meer as 90%.

Hy gaan volgende jaar twee bulle op Barry se produksiev­eiling aanbied.

 ?? FOTO: FRIKKIE NESER ?? Mnr. Nkomsentu Nika op sy plaas by Tarkastad.
FOTO: FRIKKIE NESER Mnr. Nkomsentu Nika op sy plaas by Tarkastad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa