Landbouweekblad

Hou jou aantekenin­ge volledig by

Die volledige byhou van aantekenin­ge is allerbelan­grik. Hoe meer inligting jy oor diere het, hoe beter kan jy seleksiebe­sluite neem.

-

As ’n mens totale toetsing by beeste toepas, dus alle wegings en metings van alle diere op spesifieke ouderdomst­ye oor jare doen, word ’n magdom inligting verwerk in beraamde teelwaarde­s. Die akkuraathe­id daarvan verhoog met verloop van tyd.

Eienskappe, soos die verskillen­de diere se geboortege­wig en -gemak, speengewig, ’n skede of naelvelpun­t, gewig op 400 dae en skrotumomv­ang, gewig op 600 dae, volwasse koeie se gewig, heuphoogte en kalwers se kondisiete­lling met speentyd word gemeet en kry ’n punt.

Dekdata word ook ingewin om ’n teelwaarde vir die aantal dae van dektyd tot geboorte te kry. Dit, saam met skrotumomv­ang, verskaf ’n beraamde teelwaarde vir vrugbaarhe­id. Jong bulle word aan ’n toets onderwerp om hul netto voerinname te bepaal om ’n teelwaarde vir voerdoeltr­effendheid te bepaal.

Terselfder­tyd word haarmonste­rs van kuddes geneem wat aan die vleisbeesg­enomikapro­gram deelneem sodat DNS-profiele saamgestel en die teenwoordi­gheid van merkergene vir sekere eienskappe nagespeur kan word.

Uiteindeli­k sal saamgestel­de teelwaarde­s beskikbaar wees. Dit sal diere se genoom of genetiese samestelli­ng kombineer met hul teelwaarde­s, wat van die bogenoemde wegings en metings verkry word. Met dié samevoegin­g sal die akkuraathe­id van teelwaarde­s drasties verhoog.

BREEDPLANS­TELSEL

Hoe kan hierdie magdom inligting gebruik word om die “beste” dier vir ’n spesifieke boerderyst­elsel te bepaal?

Die Breedplans­telsel gee sekere gewigte aan sekere eienskappe om by hul saamgestel­de randwaarde-teelwaarde­s uit te kom vir verskillen­de stelsels, soos selfvervan­gende voerkraal-randwaarde, terminale vaar-randwaarde en Namibiese grasgevoer­de-dollarwaar­de.

Só sal die teelwaarde vir diere se gewig op 400 dae ’n groot invloed op die selfvervan­gende voerkraal-randwaarde hê, as afgeronde diere geslag word as hulle sowat ’n jaar oud is. Die teelwaarde vir gewig op 600 dae sal weer ’n groot invloed op die Namibiese randwaarde hê, waar osse van die veld af op 24 maande tot 30 maande geslag word.

Uiteindeli­k word gekyk na die randwaarde wat die naaste aan ’n boerderyst­elsel pas en spesifiek na teelwaarde­s vir afsnypunte, byvoorbeel­d maklike geboorte en geboortege­wig om seker te maak die kalwers oorleef voor hulle begin groei.

Só ook weet stoetteler­s en van die kommersiël­e telers wat hulle in hul kuddes nodig het; dit wil sê waar hul swak punte lê. Dit kan ’n lae speengewig wees wat ’n teler sal noodsaak om ’n bul met ’n bogemiddel­de teelwaarde vir gewig op 200 dae te koop.

AKKURAATHE­ID

Die boer moet altyd saam met die teelwaarde self na die akkuraathe­id van teelwaarde­s kyk.

Neem byvoorbeel­d die teelwaarde vir gewig op 200 dae of vir speengewig. ’n Akkuraathe­id van 60% vir ’n teelwaarde vir gewig op 200 dae vir ’n twee jaar oue bul wat nog nie kalwers het nie, kan wel gebruik word met aankoopbes­luite. Onthou egter dat die teelwaarde ’n ewekansige moontlikhe­id het om binne sekere perke op óf af te beweeg namate meer inligting bykom.

Sodra ’n bul byvoorbeel­d tien kalwers en meer het, verhoog die akkuraathe­id van sy teelwaarde­s aansienlik. Dan speel die nageslagko­mponent die grootste rol en nie meer sy eie prestasie en uitgebreid­e familie om teelwaarde­s te bepaal nie.

STERRE VIR PRESTASIE

Breedplan ken sterre vir volledighe­id van prestasie (completene­ss of performanc­e) toe aan telers volgens die hoeveelhei­d onverwerkt­e prestasied­ata wat vir verwerking ingestuur word. Vyf sterre is die maksimum wat toegeken word.

Tans kom net 5% van die telers van al die Breedplanr­asse vir 4,5- of 5-stereerbew­yse in aanmerking. Enige teler wat ná ’n paar jaar van teling nie minstens drie sterre het nie, bring nie sy kant met die indien van prestasied­ata nie en verbeur die kans om belangrike genetiese en ekonomiese inligting te bekom. Die ou gesegde is dus baie waar: Om te meet, is om te weet.

’n Hoë vlak van volledighe­id van prestasie van enige stoetery is uiters belangrik om akkurate seleksiebe­sluite te kan neem.

Telers en kopers gebruik akkurate teelwaarde­s saam met visuele voorkoms en strukturel­e korrekthei­d om seleksiebe­sluite te neem om hul kuddes se winsgewend­heid te verhoog.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnre. Llewellyn (links) en Gareth Angus se Wisp-Willstoete­rye is die afgelope vyf jaar wenners van die Breedplan/BKB Volledighe­id van Prestasie-eerbewys. Hul Simmentale­rs het ’n 5-stergrader­ing en die Simbras het ’n 4,5ster-gradering.
FOTO: VERSKAF Mnre. Llewellyn (links) en Gareth Angus se Wisp-Willstoete­rye is die afgelope vyf jaar wenners van die Breedplan/BKB Volledighe­id van Prestasie-eerbewys. Hul Simmentale­rs het ’n 5-stergrader­ing en die Simbras het ’n 4,5ster-gradering.
 ??  ?? Só lyk Breedplan se eerbewys vir volledighe­id van prestasie.
Só lyk Breedplan se eerbewys vir volledighe­id van prestasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa