Landbouweekblad

’N FEES VAN VYE

Jaco en Liezl de Klerk van Weltevrede naby Prince Albert in die Klein-Karoo boer met vye. Die wonderliks­te vye-skeppings kom uit Liezl se kombuis.

-

Jaco en Liezl is die sesde geslag wat op Weltevrede boer. “Dis ’n groot voorreg om op ’n plaas te bly met so ’n ryk familieges­kiedenis. Ons kinders kry die geleenthei­d om ’n sterk band met hul ouma en oupa te vorm. Ek het dieselfde met my grootouers gehad,” gesels Liezl.

“Vyeboerder­y het ’n lang seisoen. Mense is altyd verbaas as hulle dit hoor,” se Jaco. “Ons seisoen begin in September met groenvye (voorvye), en dan ons ander vye tot in Mei. In die winter fokus ons op uitbreidin­gs, snoei ’n bietjie en maak gereed vir oestyd, want as ons oes, is daar min tyd vir enigiets anders.”

Prince Albert is ’n dorp met ’n sterk koskultuur en daar is heelwat uitstekend­e kokke. Mense ry van ver vir Weltevrede se vyeprodukt­e en vriende kan nie uitgepraat raak oor Liezl se heerlike kos nie.

Benewens vars vye word vye ook al vir geslagte op Weltevrede gekook. Konfyt is die derde been van die besigheid.

Dit is onder Liezl se bekwame hand tot ’n hele deli-reeks van vyeprodukt­e uitgebrei. Aanvanklik het alles in die kombuis gebeur, later het hulle nog ’n vertrek aangebou en twee jaar terug het hulle ’n volwaardig­e konfytfabr­iek naby die huis aangebou. Só is dit vir Liezl (wat ook twee klein kindertjie­s het) maklik om ’n oog oor die proses te hou.

 ??  ?? Elma Postma (regs), aanbieder van Plaaskombu­is, saam met Liezl en Jaco de Klerk van die plaas Weltevrede.
Elma Postma (regs), aanbieder van Plaaskombu­is, saam met Liezl en Jaco de Klerk van die plaas Weltevrede.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa