Landbouweekblad

Suid-Afrika pluk die vrugte met olyfolie

Die plaaslike produksie van olyfolie voorsien in net ’n derde van die verbruik in Suid-Afrika. Die res moet ingevoer word. Dít skep geleenthed­e vir nog boere om tot die mark toe te tree. Oor die afgelope vyf jaar het aanplantin­gs en die finansieri­ng van o

-

Die wêreldwye handel in olyfolie het oor die vyf jaar tot 2016 met 2% per jaar gegroei. Vanweë die groot vraag en gebrekkige aanbod van olyfolie het die wêreldprys­e oor dieselfde tydperk jaarliks met gemiddeld 7% per jaar toegeneem. Verlede jaar is R110,6 miljard se olyfolie wêreldwyd verhandel – dit is gelykstaan­de aan 1 904 597 ton.

Die grootste invoerland­e is Italië (529 854 ton) en Amerika (316 974 ton). Hulle word gevolg deur lande in die Europese Unie (EU), byvoorbeel­d Frankryk wat 121 020 ton ingevoer het. Ander invoerland­e sluit in Brittanje (71 018 ton), Japan (68 508 ton) en Brasilië (56 582 ton).

Die waarde van Suid-Afrika se uitvoer was verlede jaar R49 707 202. Suid-Afrika het in totaal 1 093 435 kg (625 595 kg suiwer en 467840 kg ander) teen ’n gemiddelde waarde van R51,28/kg (suiwer) en R37,67/kg (ander) uitgevoer. Die meeste olyfolie (83%) is na Afrikaland­e uitgevoer en diere s na diepsee-uitvoer bestemming­s, soos Amerika.

Die grootste uitvoerlan­d van olyfolie is Spanje, wat verlede jaar 917804 ton olyfolie uitgevoer het. Die Mediterree­nse streek, waaronder Turkye en lande in die EU en NoordAfrik­a, is van die wêreld se grootste uitvoerder­s van olyfolie.

INVOERVERV­ANGING

Suid-Afrika het verlede jaar 1093 ton olyfolie uitgevoer, maar 7342 ton olyfolie ingevoer. Die gemiddelde waarde van die ingevoerde olyfolie het R31,4 miljoen beloop. Verreweg die meeste daarvan (90%) is uit Spanje en Italië ingevoer.

Invoer uit Spanje het verlede jaar meer gegroei as Spanje se uitvoer na die res van die wêreld. Olyfolie uit Spanje het verlede jaar 59,3% van Suid-Afrika se totale olyfolie-invoer uitgemaak.

Die gemiddelde invoerprys uit Spanje was $2480/ton, terwyl die gemiddelde invoerprys van elders in die wêreld $2 907/ton beloop het, of volgens die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens, R55,30/kg vir suiwer olie en R28,48/kg vir ander olie.

Suid-Afrika het onder meer olyfolie uit Argentinië ingevoer. Argentynse invoer het 2,2% van Suid-Afrika se totale invoer van olyfolie uitgemaak. Die gemiddelde prys van die invoer uit Argentinië was $3 760/ton.

WÊRELDWYE VRAAG

Volgens die jaarlikse groei in die nasionale aanbod van olyfolie en die groei in die internasio­nale vraag na Suid-Afrikaanse olyfolie en die invoer daarvan oor die afgelope vyf jaar, is dit duidelik dat Suid-Afrika se aandeel in die wêreldmark met ongeveer 5% gedaal het.

Die wêreldwye handel het met 7% gegroei.

UITVOER

Suid-Afrika se uitvoer na Amerika het van 2012 tot 2016 jaarliks met 5% toegeneem, terwyl Amerika se invoer van olyfolie jaarliks met 7% toegeneem het.

Amerika se invoer is byna 18% van die totale wêreldhand­el in olyfolie. Hoewel Suid-Afrika persentasi­egewys meer olyfolie na Afrikaland­e uitvoer, is die groei van die uitvoer na dié lande gering. Suid-Afrika se groei in die uitvoer van olyfolie na Amerika is groter as die Amerikaans­e groei in invoer uit ander lande.

Suid-Afrika se uitvoer van olyfolie na Duitsland as tweede grootste uitvoer bestemming het ook van ’n lae grondslag af gegroei. Dieselfde geld uitvoer na Nederland en China.

Suid-Afrika het in 2010 die eerste keer suiwer olyfolie begin uitvoer. Daarna het die jaarlikse toename in die invoer van suiwer olie begin afneem. Die invoer van ander olyfolie het toegeneem.

GEVOLGTREK­KING

Die netto resultaat is dat SuidAfrika jaarliks meer olyfolie invoer as wat uitgevoer word (sien

). Dit dui daarop dat Suid-Afrika ’n groeiende plaaslike mark vir olyfolie het. Dié mark word deur invoer aangevul. Die feit dat Suid-Afrika olyfolie uitvoer, beteken die internasio­nale mark beskou dié produk se gehalte as uitstekend.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoomby Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa