Landbouweekblad

GOEIE VERHOUDING­S BEWAAR DIE VREDE

- JOHAN VAN DER MERWE

’n Goeie heining verseker goeie buurmanska­p, maar as die gras alewig aan die een kant groener is, seëvier frustrasie en kom vrede baie gou in gedrang.

Aanvalle op plase vind soms weens rusies tussen bure plaas. In Hluhluwe, KwaZuluNat­al, is die veiligheid van ’n kommersiël­e boer en sy gesin in Junie 2015 erg bedreig deur die Mdletshege­meenskap, ’n stam wat deel is van die Ngonyamatr­ustgrond. Aanvanklik is vermoed dat die aanval voortgespr­uit het uit ’n grondeis wat al tien jaar oud was. Daar is bespiegel dat die gemeenskap se geduld opgedroog het en dat die mense die plaas met geweld wou oorneem.

Die aanval het die goeie verhouding­e, wat oor geslagte heen tussen die kommersiël­e boere van Hluhluwe en hul kommunale bure opgebou is, bykans tot niet gemaak.

Danksy die paraatheid van boere aan albei kante van die draad het die rusie ook geleenthed­e gebring om die einste verhouding­e te herstel.

Volgens mnr. Fred Visser, ’n pynappelbo­er, voormalige voorsitter van die Hluhluwebo­ereverenig­ing en Nasionale Boer van die Jaar, is hierdie verhouding tussen buurmanne nou, ná die rusie, selfs sterker as wat dit vóór die aanval was.

“Tydens die rusie het ons ’n grondsakek­omitee binne die Hluhluwebo­ereverenig­ing gestig, wat uit ses van ons lede bestaan. Hierdie komitee vergader steeds gereeld met die leiers van die Mdletshege­meenskap om seker te maak die verhouding bly gesond.

“Sedert die situasie in 2015 was daar nog nooit weer onwettige betreding van plase by ons nie,” sê Fred.

“Uit die gemeenskap is daar ook talle ongesiene uitreikaks­ies van boere en gemeenskap­slede na die kommunale gebied, soos skenkings aan skole, die boerderyge­meenskap en selfs ’n samewerkin­gsprojek waar boere hout aan die Mdletshege­meenskap gee vir die maak van steenkool. Dit word bemark vir ekstra inkomste. Dit kom maar neer op ’n geeen neembegins­el en dit werk hier by ons.”

Die aanval het plaasgevin­d in die tyd toe die droogte die noorde van die land tussen 2013 en 2015 in stof gelaat het.

Baie van die ontevreden­heid van die Mdletshege­meenskap het gespruit uit desperaath­eid vir weiding vir diere omdat daar geen meer weiding aan hul kant van die grens oor was nie.

Ondanks versoeke van die Mdletshege­meenskap wou die kommersiël­e boer nie die ongebruikt­e weiding op sy plaas vir die kommunale beeste beskikbaar stel nie. Die gemeenskap het toe die drade geknip en hul beeste snags op die plaas ingejaag om te wei.

Na ’n uitgerekte teistering, waar drade snags geknip is om die beeste deur te jaag en die boer keer op keer die draad herstel het, is meer as ’n kilometer se grensdraad verwyder.

Kort daarná het 27 kommunale beeste op een slag rondom ’n waterkrip op die kommersiël­e boerdery gevrek.

Die Mdletshege­meenskap was ontstoke en het die kommersiël­e boer daarvan beskuldig dat hy die beeste met ureum vergiftig het. Hoewel toetse vir vergiftigi­ng gedoen is, is die beskuldigi­ngs nooit bevestig nie.

Honderde lede van die Mdletshege­meenskap het die kommersiël­e boer se plaas binnegeval en die boer se wild, wat in ’n kamp rondom die plaashuis was, met knopkierie­s doodgeslaa­n en die karkasse weggery.

Die kommersiël­e boer en sy gesin het ongedeerd afgekom en hulself tydelik op die dorp by vriende gaan vestig.

Die Hluhluwebo­ereverenig­ing was deurgaans in onderhande­linge betrokke en het teen die tyd wat die beeste op die kommersiël­e plaas gevrek het en die plaas binnegeval is die onderhande­lings heeltemal oorgeneem.

Die situasie is uiteindeli­k ontlont, maar nie voordat die betrokke kommersiël­e boer en sy gesin na ’n ander plaas naby Warmbad verhuis en hul wildboerde­ry daar gaan voortsit het nie. —

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Verhouding­e is ten volle herstel ná groot onmin tussen ’n wildenveeb­oer van Hluhluwe en die Mdletshege­meenskap, wat op die Ngonyamatr­ustgrond bly.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Verhouding­e is ten volle herstel ná groot onmin tussen ’n wildenveeb­oer van Hluhluwe en die Mdletshege­meenskap, wat op die Ngonyamatr­ustgrond bly.
 ??  ?? Mnr. Fred Visser
Mnr. Fred Visser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa