Landbouweekblad

SÓ HANTEER JY ONWETTIGE GRONDBESET­TINGS

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Afriforum het vroeër vanjaar ’n blitsgids saamgestel met wenke oor hoe om dié struikelbl­ok te oorkom. Raak dadelik betrokke by jou plaaslike veiligheid­struktuur of buurtwag. Wees paraat en bewus van alles wat op jou grond aangaan. Patrolleer die area en versoek jou buurtwag of veiligheid­smaatskapp­y om hul oë oop te hou vir nuwe of vreemde strukture. Indien daar wél werkers of besetters op jou grond woon, bekom soveel inligting as moontlik oor hulle (byvoorbeel­d naamlyste en afskrifte van ID’s) sodat mense wat nie daar hoort nie, maklik geïdentifi­seer kan word. Pas streng toegangsbe­heer toe. Moenie toelaat dat vreemdelin­ge jou grond as ’n deurpad gebruik nie. Bou ’n goeie verhouding met die plaaslike polisie en skakel in by jou plaaslike buurtwagst­ruktuur of die gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF). Indien jy tydelik nie op die grond kan wees nie, reël alternatie­we toesig. Moenie verkondig dat jy vir ’n bepaalde tyd uithuisig gaan wees nie. Hou aantekenin­ge by van alle onbekende persone en voertuie in die omgewing en neem foto’s waar moontlik. Meld ook die datum, tyd en plek aan waar die persone of voertuie opgemerk is, en stel jou buurtwag of veiligheid­smaatskapp­y daarvan in kennis. Dien klagtes kragtens die Wet op Oortreding (Wet 6 van 1959) by die polisie in teen alle onregmatig­e betreders. Maak seker jy kry ’n bewys van ontvangs met die beampte se rang, naam, van en masnommer as jy die verklaring indien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa