GEE JOU BEES­TE ’N HUP­STOOT

Landbouweekblad - - Lbw | Nuwighede -

Ky­ron La­bo­ra­to­ries, ’n die­re­ge­sond­heids­maat­skap­py, ver­vaar­dig drie in­spuit­ba­re vi­ta­mien- en mi­ne­raal-aanvullers vir bees­te.

Ky­ro­vi­te A-E (reg. G2142) voor­kom en be­han­del vi­ta­mien A-te­kor­te, ver­al in ’n in­ten­sie­we bees­boer­de­ry. Dit ver­hoog ook die bio-be­skik­baar­heid van vi­ta­mien A.

Ky­rop­hos Me­ta­bo­lic V (reg. G2040) help om ap­tyt te sti­mu­leer en be­vor­der ge­wigs­toe­na­me. Dit is ’n i­de­a­le aan­vul­ling in droog­te­tye, en vir die be­han­de­ling van voe­ding­te­kor­te.

Ky­ro B + Li­ver (reg. G1939) is ’n krag­ti­ge in­spui­ting van vi­ta­mien B-kom­pleks met cho­lien­chlo­ried en le­wer-ek­strak. Dit help in die be­han­de­ling van ap­tyt­ver­lies, swak­heid, di­ar­ree, bloed­ver­lies en pa­ra­siet­be­smet­tings. Dit kan ook as on­der­steu­ning­te­ra­pie dien wan­neer bees­te met an­ti­bi­o­ti­ka be­han­del word.

Prys: Op aan­vraag. NA­VRAAG: Web­blad: www.ky­ron­labs­sa.co.za, e-pos: ky­ron@ky­ron­labs. co.za, tel. 011 618 1544.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.