Landbouweekblad

METODES VAN KASTRASIE Burdizzo

-

■ Die bloedvate en die saadstring­e word afgesny sonder dat die skrotum se vel gesny word.

■ Een saadstring moet op ’n slag gesny word. Dit is belangrik dat die twee saadstring­e op verskillen­de vlakke gesny word (die een op ’n hoër vlak as die ander). Indien dit nie gedoen word nie, sal die bloedtoevo­er na die skrotum onvoldoend­e wees en kan gangreen intree.

■ Dit is ’n bloedlose metode en lei selde tot infeksie.

■ Die uretra of urienbuis kan wel beskadig of afgesny word indien die metode nie reg toegepas word nie.

■ Die volgende kliniese tekens dui op ’n beskadigde uretra: Bloed in die urine; swelsel onder die maag rondom die peester; die buik swel op; die kalf kan nie urineer nie; erge pyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa