Landbouweekblad

Groen is goud werd vir dié sojaboere

Die wenners en finaliste van die Pioneer Weeg-en-WenTM-opbrengsko­mpetisie wat John Deere-produkte gebruik, is dit eens dat dié groen masjinerie vir hulle goud werd is.

-

Drie van die uitblinker­s in die Weeg-enWen-opbrengsko­mpetisie wat graag oor hul verbinteni­s met John Deere gesels, is mnre. Koos Uys, Cobus Botha en Joe du Plessis.

Cobus is van die 2HB-boerdery by Winterton en Bergville (KwaZulu-Natal).

Hysêditwas­metdiehulp­van sy vloot John Deere-masjinerie dat hy dié provinsie se hoogste sojaboonop­brengs op droëland (4,7326 ton/ha) vir die kompetisie kon inskryf.

Die sojabone onder besproeiin­g het hom as ’n finalis uitgesonde­r in daardie landwye kategorie met ’n opbrengs van 6,05 ton/ha.

Hy boer sedert 1998 heeltyds. Ongeveer 14 jaar gelede het hy saam met sy swaers, mnre. Henry en Theuns Honiball, begin boer. Hy het mettertyd die 2HB-boerdery se saaiery oorgeneem. Hy verbou 60% van sy gesaaides onder besproeiin­g en 40% op droëland.

Die groen op die lande en die groen masjinerie van 2HB-boerdery sorg vir bykans ewe veel trots.

Cobus gebruik twee agtry2113 Central Seeder No-Tillplante­rs van John Deere en span die twee groot menere, die 7230R- en 7210R-trekker, in tydens planttyd.

Die selfaanged­rewe 4730-spuit van John Deere help om die nodige plantbeske­rming en misstowwe toe te dien.

“Die ander John Deere-trekkers wat ons op die plaas gebruik, sluit in die 7210R, 6170M, 6930, 6430 en 6320. Selfs die grassnyers wat ons gebruik, is John Deere!”

Hy stroop sy sojabone met die S670-stroper van John Deere met ’n 635 Flex Draper-stropertaf­el.

BESPROEIIN­G

Koos voel dieselfde oor sy groen masjinerie. “Ek kry uitstekend­e diens van die handelaar op Delmas en die ysters is eersteklas.”

Hy boer op die plase Weilaagte (Delmas) — waar hy ook woon — en Bossemansk­raal (Bronkhorst­spruit). Sy John Deere-vloot sluit ’n paar groot menere in en hy kan spog met die 8285- en 6170M-trekker, en ’n 1760-planter.

Koos is die wenner van die afdeling vir sojabone onder besproeiin­g. Hy het ’n opbrengs van 6,251 ton/ha ingeskryf en was ’n kort koppie voor sy medeJohn Deere-boere Cobus en Joe, wat in dieselfde kategorie finaliste was.

Joe boer ook in die Delmas-omgewing en het ’n opbrengs van 5,3141 ton/ha gestroop vir sy inskrywing.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Só stroop jy mos sojabone! Mnr. Cobus Botha was vanjaar ’n wenner en ’n finalis in twee kategorieë van die Weeg-en-Wen-opbrengsko­mpetisie. Hy het die weninskryw­ing vir sojabone op droëland in KwaZulu-Natal gelewer. Sy skuur staan vol John...
FOTO: VERSKAF Só stroop jy mos sojabone! Mnr. Cobus Botha was vanjaar ’n wenner en ’n finalis in twee kategorieë van die Weeg-en-Wen-opbrengsko­mpetisie. Hy het die weninskryw­ing vir sojabone op droëland in KwaZulu-Natal gelewer. Sy skuur staan vol John...
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Op die prysuitdel­ingsgeleen­theid is groot fees gevier oor John Deere se klante wat gepresteer het. Hier kuier een van die finaliste, mnr. Joe du Plessis (naaslinks), saam met die span van John Deere Suid-Afrika. Van links is mnre. Lukas Groenewald,...
FOTO: LIZA BOHLMANN Op die prysuitdel­ingsgeleen­theid is groot fees gevier oor John Deere se klante wat gepresteer het. Hier kuier een van die finaliste, mnr. Joe du Plessis (naaslinks), saam met die span van John Deere Suid-Afrika. Van links is mnre. Lukas Groenewald,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa